Year: 2005
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Background: Obsessive-compulsive disorder (OCD) is a neuropsychiatric condition characterized by significant heterogeneity.It has been suggested that classification of OCD into more homogeneous subtypes, and identification of their associations with etiological factors (e.g.genetic variants, or psychological trauma), and outcome (e.g.disability and treatment response), may be useful.The identified subtypes are not definitive yet and continue to be subject to revision.The overall objective of this dissertation was to assess comprehensively a sample of OCD patients, and to use cluster analytic methods to delineate valid OCD subtypes.Methods: Patients meeting DSM-IV criteria for a primary diagnosis of OCD (N=261) on the Structured Clinical Interview for Axis I Disorders -Patient Version (SCID-I/P), with ages ranging from 16 to 71, took part in the study.The newly developed Structured Clinical Interview for the Diagnosis of putative Obsessive-Compulsive Spectrum Disorders (SCID-OCSD) was administered to assess OCD-related conditions not covered by the SCID-I/P.OCD subtyping, based on OCD symptomatology (assessed with the Yale-Brown Obsessive-Compulsive Symptom Checklist [YBOCS-CL]), and based on comorbidity with the OCD ABSTRAK Agtergrond: Obsessief-kompulsiewe steuring (OKS) is 'n neuropsigiatriese toestand wat deur beduidende heterogeniteit gekenmerk word.Daar is voorheen voorgestel dat die klassifikasie van OKS in meer homogene endofenotipes of subtipes, en die identifisering van beduidende assosiasies daarvan met by voorbeeld spesifieke oorsaaklike faktore (bv.genetiese variante, of sielkundige trauma) en uitkomste (insluitend inperking en behandelingsrespons), nuttig kan wees.Die geïdentifiseerde subtipes is nog nie finaal bevestig nie en word daar met die hersiening van bevindinge hieroor volgehou.Die primêre doelstelling van hierdie verhandeling was om 'n groep pasiënte met OKS deeglik te assesseer, en om tros-analise te gebruik om geldige OKS-subtipes te identifiseer.Metodes: Pasiënte wat voldoen het aan DSM-IV criteria vir 'n primêre diagnose van OKS (N=261) volgens die "Structured Clinical Interview for Axis I Disorders -Patient Version" (SCID-I/P), met ouderdomme strekkend vanaf 16 tot 71 jaar, het aan die studie deelgeneem.Die nuut-ontwikkelde "Structured Clinical Interview for the Diagnosis of Putative Obsessive-Compulsive Spectrum Disorders" (SCID-OCSD) is toegepas ten einde OKS-verwante toestande wat nie by die SCID-I/P ingesluit is nie, te assesseer.Subtipering van OKS gebaseer op OKS simptomatologie (soos vasgestel met die Yale-Brown Obsessive-Compulsive Symptom Checklist [YBOCS-CL]), en op komorbiditeit met die OKS spektrum van toestande (soos vasgestel met die SCID-OCSD), het op die volgende wyses geskied: Eerstens, latente klas tros-analise (LKA), 'n kategoriese analoog vir tradisionele faktor analise (FA), en met baie voordele in vergelyking met FA, is geïmplementeer op die (nege) obsessief-kompulsiewe simptome wat die meeste gerapporteer is.Tweedens, ten einde sommige van die beperkinge van LKA aan te spreek (bv.die verhoogde moontlikheid vir onstabiliteit in die rekenaar-bewerkings wanneer addisioneleindikatore / simptome ingesluit word), is nog 'n tros-analise (Ward se metode) op al die items van die YBOCS-CL en die SCID-OCSD onderskeidelik, vir alle OKS-pasiënte toegepas.Die assosiasies van die vi tros-tellings met demografiese veranderlikes (ouderdom, geslag), kliniese veranderlikes (aanvangsouderdom van OKS, ernstigheidsgraad van obsessiewe-kompulsiewe simptome en dimensies, mate van insig, temperament, trauma in die kindertyd, behandelingsrespons) en genotipes is daarna ondersoek deur gebruik te maak van Spearman korrelasiekoëffisiënte, een-rigting analises van variansie (ANOVA), en Mann-Whitney U-toetse, soos toepaslik.Resultate: Die bevindinge suggereer dat verhoogde rapportering van simptome kenmerkend van elkeen van die trosse van gevalle met spesifieke demografiese, kliniese en, in sommige gevalle, genetiese eienskappe geassosieërd was, wat die teenwoordigheid van unieke kliniese subtipes van OKS verder ondersteun.Tros-analise van die 45 geselekteerde items van die YBOCS-CL in hierdie groep OKS-pasiente het 6 afsonderlike trosse geïdentifiseer.Hierdie trosse is genoem "Besmettingsvrese / skoonmaak", "Opgaar / bymekaarmaak", "Simmetrie / orden / tel / organiseer / sekermaak / herhaal", "Seksueel", "Somaties, godsdienstig en divers" en "Skade-verwant".Verhoogde rapportering van die simptome van elk van die trosse was met spesifieke demografiese, kliniese, en in sommige gevalle, genetiese kenmerke, geassosieërd.Die bevindinge het daarop gedui dat die L/L (met/met) genotipe van die COMT Val158Met polimorfisme 'n belangrike rol in die manifestasie van seksuele, somatiese, religieuse en diverse, en skade-verwante simptome van OKS kan speel.Hierdie bevinding dra by tot die relatief beperkte beskikbare literatuur oor OK simptoom subtipes en genetika.Aan die ander kant, die feit dat die geassosieërde kenmerke nie die trosse duidelik en uniek van mekaar onderskei het nie en dat die trosse op beduidende wyse met mekaar gekorreleerd was, suggereer dat die kategorisering van die OKS-kompleks in OK simptoom-trosse nie die enigste manier is om die heterogeneïteit van OKS te benader nie.Nietemin, die beduidende komorbiditeit met OKS-verwante toestande in die geïdentifiseerde trosse (bv.die assosiasie tussen tics en seksuele obsessies / kompulsies), het die betekenisvolle verhouding tussen OKS en die OKS-verwante toestande vii beklemtoon.Dit het weer aanleiding gegee tot 'n vraag na die wyse waarop die OKSverwante toestande "inpas" by die standaard OK simptomatologie, soos uiteengesit in die YBOCS-CL.'n Tros-analise van die OKS-verwante toestande in OKS-pasiënte het 'n Tourette Sindroom / tics subtipe van OKS (deel van die sogenaamde "beloningstekort"-tros), sowel as 'n impulsiwiteitsubtipe, en 'n somatiese subtipe geïdentifiseer -wat elkeen met spesifieke kliniese en demografiese veranderlikes geassosieërd was.Hier is nie 'n beduidende verhouding tussen die geïdentifiseerde trosse en die dopaminergiese en serotonergiese polimorfismes wat ondersoek is, gevind nie, wat moontlik daarop dui dat variante van ander gene in hierdie sisteme ook ondersoek behoort te word.Gevolgtrekking: Die hoofbevinding was dat OKS is inderdaad 'n heterogene toestand wat subtipeer kan word in 'n aantal verskillende simptoom-dimensies.Die geïdentifiseerde OKS-subtipes met hulle geassosieërde kenmerke was in 'n groot mate ooreenstemmend met voorheen gepubliseerde data.In teenstelling met FA, het die LKA 'n nuwe, toepaslike en voordelige statistiese analise strategie vir die data gebied.Verder, sover ons weet, was die poging om OKS te klassifiseer volgens die komorbiditeit met OKS-verwante toestande die eerste tros-analise wat gebaseer was op 'n prospektiewe volledige onderhoud wat die reeks van OKS-verwante toestande ondersoek.Alhoewel die dimensionele struktuur van OKS dus nog steeds nie volkome verstaan word nie, strek hierdie kategorisering van OKSpasiënte in verskillende groepe en die ondersoek na hulle onderskeidelike kenmerke verder as die bestaande literatuur, en voeg dus nog 'n dimensie tot die toenemende pogings om die OKS-subtipes af te baken.
Author: Christine Löchner
Language: English
Subfield: Clinical Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2131654625
