The development and empirical evaluation of an affirmative development coaching competency questionnaire
Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: Hierdie studie was gerig op die ontwikkeling and empiriese evaluering van 'n regstellende ontwikkingafrigter 1 bevoegdheidsvraelys.Die ontwikkeling and empiriese evaluering van 'n regstellende ontwikkingafrigterbevoegdheidsvraelys verteenwoordig die eerste fase in 'n groter projek om 'n omvattende regstellende ontwikkingafrigterbevoegdheidsmodel te ontwikkel.'n Afrigter@werk bevoegheidsmodel sou meewerk om die persoonseienskappe waaroor regstellende ontwikkelingsafrigters moet beskik te identifiseer en te definieer en om helderheid te kry ten opsigte van die handelinge wat regstellende ontwikkelingsafrigters moet verrig en die uitkomste wat hul daardeur moet bereik om as suksesvol geag te word.Ongelykhede wat te weeg gebring is deur die uitsluitingspolitiek in terme van opvoeding en werksgeleenthede wat Suid Afrika gekenmerk het voor die aanbreek van demokrasie het meegebring dat baie lede van die voorheenbenadeelde groepe die nodige vaardighede ontbreek wat vereis word om in die wereld van werk sukses te behaal, spesifiek die vermoë om hoër-vlak posisies te bekleë.Hulle was gedoem tot 'n wereld van ongeskoolde werk.Ten einde die ongeregtighede wat lede van die aangewese groepe ervaar het reg te stel het die nuwe post-apartheid regering beleide en wetgewing verorden gebaseer op die beginsel van regstellende aksie.Die voorkeur-indiensneming van Swartes wat deur regstellnde aksiemaatreëls vereis word benadeel egter organisasies en die ekonomie omdat die werksbevoegdheidspotensiaal wat vereis word om in die wereld van werk te slaag by die meerderheid lede van die voorheenbenadeelde groepe ontbreek.Regstellende ontwikkeling moet 'n belangrike rol speel in die regstelling van die ongeregtighede van die verlede.Afrigting moet daarbenewens 'n belangrike rol speel om die nuutontwikkelde vermoëns en vaardighede te slyp.Die doel van hierdie studie was om die afrigerbevoegdhede wat vanuit 'n gedragsperspektief afrigtersukses beliggaam te identifiseer.Bevoegdhede is geïdentifiseer deur die uitkomste te bestudeer wat via die bevoegdhede bereik moet word.'n Begrip van die verwantskappe tussen die regstellende ontwikkelingafrigterbevoegdhede (gedrag) en die uitkomste wat die regstellende ontwikkelingafrigter probeer bereik was 1 'n ten volle bevredigende Afrikaanse term wat die konnotasies geassosieer met die Engelse term coach in hierdie konteks suksesvol vasvat kon nie gevind word nie.Alternatiewe wat oorweeg is was opleier en breier.
Author: Victor Chikampa
Language: English
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2133749097
