Beeld se gedagtes : 'n alternatiewe benadering tot die voorstellingsfunksie van die fotobeeld
Year: 2010
Type: article
Abstract: AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis is bemoei met die wyse waarop die fotobeeld konvensioneel aan 'n \nmimetiese kode van "gedrag" onderhewig is, met die gevolg dat alternatiewe \nvoorstellingsfunksies dikwels buite oorweging gehou word. 'n Interessante area van \nondersoek word blootgestel wanneer die komplekse verhouding tussen die toeskouer en \nbeeld betrek word om die broosheid van eersgenoemde se agentskap in die waarnemingproses \nte beklemtoon. Dit is dus vanuit hierdie gewaarwording dat ek my bespreking \nvan die fotobeeld grotendeels binne 'n psigoanalitiese raamwerk situeer en aan die hand \nvan konsepte soos Einfühlung, die Lacanian Real en John Dewey (2005) se teorie van \nkuns as ervaring, bespreek. Die skynbaar teenstrydige aard van die fotobeeld as (onder \nandere) beide mimetiese realiteitskopie en piktoriale fiksie, ooglopend onafhanklik van \ntaal en eweveel deurspek met diskursiewe vertolkings, openbaar volgens my egter die \nideale vertrekpunt vanwaar fotografie se voorstellingsfunksie heroorweeg kan word. Dié \nopponerende tweespalt, wat as kenmerkende karaktertrekke van die fotobeeld na vore \ntree, noop die toeskouer om die beeld met 'n verhoogde sensitiwiteit te benader – met \ndie gevolg dat die foto se onlosmaaklike skakel met "haar"1 diskursiewe grense en aptyt \nvir die "onsêbare" as konstruktiewe koalisie gesien word. Die fotografiese werk van \nLien Botha, veral haar Amendment–reeks (2006) en Parrot Jungle (2009), sal deurentyd \nas visuele bevestiging van my argumente betrek word.
Author: Aletta Dorfling
Language: Afrikaans
Subfield: History
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2134690309
