Primary obstetric ultrasound : comparing a detail ultrasound only protocol with a booking ultrasound protocol
Year: 2010
Type: dissertation
Abstract: AgtergrondDie huidige obstetriese sonar diens in die Tygerberg hospital (TBH) dreineringsarea voorsien slegs roetine vroeë sonars met opvolg vir selektiewe kliniese indikasies.Pasiënte wat na 24 weke gestasie ouderdom bespreek ontvang slegs 'n sonar indien dit klinies aangedui is.Fetale abnormaliteite en of komplikasies van swangerskap in hierdie groep kan ongediagnoseerd bly.Doelwitte Die primêre doelwit van die studie was om 2 sonar verwysings protokolle te vergelyk ten opsigte van die hoeveelheid klinies relevante abnormaliteite geïdentifiseer voor geboorte en die gestasie met diagnose: Die huidige roetine vroeë sonar (18 -23 weke) protokol en sonars vir selektiewe kliniese indikasies (Groep A).Die nuwe besprekings sonar vir almal protokol, onafhanklik van gestasie en opvolg vir selektiewe kliniese indikasies (Group B).Sekondêre doelwitte van die studie was:Om die hoeveelheid pasiënte wat 'n sonar ontvang het te vergelyk asook die totale hoeveelheid sonars wat gedoen is in elke groep insluitend die opvolg ondersoeke.Om 'n vergelyking te tref tussen die hoeveelheid pasiënte wat 'n sonar ontvang het tussen 18 en 23 weke gestasie sienende dat hierdie tydsgleuf as die mees ideale tyd vir 'n detail sonar geag word.Om die persentasies van vermoedelike post-mature en pre-mature swangerskappe asook klein vir gestasie babas te bepaal en te vergelyk tussen die 2 groepe.
Author: Elizabeth J. Poggenpoel
Language: English
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2139133963
