The effect of dietary Red Palm Oil on the functional recovery and the PKB/Akt pathway in the ischaemic/reperfused isolated rat heart
Year: 2007
Type: dissertation
Abstract: InleidingKardiovaskulêre siektes is een van die hoof oorsake van sterftes in die wêreld.Die vorming van skadelike reaktiewe suurstof spesies word geassosieer met verskeie patologiese kondisies en dra ook by tot isgemie/reperfusie skade.'n Moontlike manier om die voorkoms van isgemie/herperfusie skade asook kardiovaskulêre siektes te voorkom, is om antioksidante by die dieet te voeg.Rooi Palm Olie (RPO) bevat versadigde, mono-onversadigde en polionversadigde vetsure.RPO bevat ook 'n oorvloed van antioksidante soos βkaroteen en tokoferole en tokotriënole.Dit is bewys in vorige studies dat RPO-aanvulling verbeter funksionele herstel.Hierdie voordelige effekte mag dalk wees agv verhoogde PKB/Akt pad aktiwiteit.Die PKB/Akt pad word geassosieer met die inhibisie van apoptose en verhoogde meganiese funksie.Doelwitte Die doelwitte van hierdie studie was om te bepaal of 1) RPO-aanvulling beskermende effekte teen isgemie/herperfusie skade in die geisoleerde rotharte het, 2) Bevestig of RPO-aanvulling wel die PKB/Akt pad beïnvloed 3).om die effekte wat RPO-aanvulling het op die reguleerders van die PKB/Akt pad te onthul.Metodes Manlike Wistar rotte is in 4 groepe verdeel. 2 Groepe kontrole rotte is 'n standaard rotkosmengsel gevoer vir 4 weke.Die 2 eksperimentele groepe het ook 'n standaard rotkosmengsel gekry plus 'n RPO-aanvulling vir 4 weke.Harte is uitgesny en op 'n Langendorff perfusie sisteem gemonteer en met Krebs-Henseleit buffer geperfuseer.Meganiese funksie herstel is gemeet na 25 min totale globale geen-vloei isgemie.Linker ventrikulêre ontwikkelde druk, harttempo, koronêre vloei en tempo druk produk is gemeet by Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za vi verskillende tydpunte.Sommige harte is na 10 min herperfusie vir biochemiese analiese gevriesklamp.Die biochemiese analisiese was beoog om die PKB/Akt pad betrokkenheid te bepaal.'n Tweede stel harte is aan dieselfde perfusie protokol blootgestel, maar wortmannin (PI3-kinase inhibitor) is ook bygevoeg by die perfusie vloeistof.Resultate Die groep wat met RPO aangevul is, het na 10 min herperfusie, 'n verbeterde tempo druk produk herstel getoon (92.26 ± 5.89 % vs 63.86 ± 7.74.Hierdie bevinding is ook met ander studies bevestig.'n Interessante bevinding was dat die groep wat met RPO aangevul is en met wortmannin geperfuseer is, 'n verbeterde meganiese funksionele herstel getoon het.Biochemiese resultate het getoon dat wortmannin wel PI3-K fosforilering geinhibeer het.Die harte van die rotte in die groep wat aangevul is met RPO en daarna met wortmannin geperfuseer is, het 'n toename in PKB/Akt (Ser 473 ) fosforilering getoon, relatief tot die wortmannin geperfuseerde harte van die rotte in die kontrole groep.Hierdie groep (RPO-aanvulling en wortmannin perfusie) het beskermende effekte getoon.Bespreking Hierdie studie het getoon dat RPO-aanvulling beskerming gebied het teen isgemie/herperfusie skade in die Langendorff geperfuseerde rothart na 10 min herperfusie.Daarna is die beduidenheid van die beskerming verloor.Hierdie bevindings ondersteun die resultate van vorige studies.Verskeie moontlike meganismes is voorgestel vir die beskerming, maar die presiese meganisme is nog nie duidelik nie.In hierdie studie is daar gekyk na die reguleerders van die PKB/Akt pad.Geen vorige studies het al gefokus op RPO-aanvulling en sy effek op die reguleerders van die PKB/Akt pad nie.'n Onverwagte bevinding is dat harte van die rotte in die RPO + wortmannin groep 'n verbeterde funksionele herstel getoon het.Wortmannin is 'n PI3-Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za vii kinase inhibitor.PI3-K fosforilering lei tot PKB/Akt fosforilering, wat tot sel beskerming lei.Dus, aangesien wortmannin PI3-K inhibeer, sou dit verwag word dat wortmannin sel beskerming sal verminder.Die RPO het egter die wortmannin se nadelige effekte tot so 'n mate oorskrei dat die funksionele herstel baie beter was as die RPO-aanvulling alleen.Die verhoogde PKB/Akt (Ser 473 ) fosforilering, wat gesien is in die RPO + wortmannin groep kan toegeskryf word aan RPO se vermoë om wortmannin se nadelige effekte te oorskrei.'n Moontlike verduideliking vir hierdie bevinding mag wees dat rooi palm olie PKB/Akt (Ser 473 ) op 'n PI3-K onafhanklike manier fosforileer.
Author: Louise Odendaal
Language: English
Subfield: Cardiology and Cardiovascular Medicine
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2143259501
