Work

The Elaboration and Empirical Evaluation of a Partial Talent Management Competency Model in the Nursing Profession

Year: 2011
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMINGHierdie studie spruit uit 'n dringende behoefte om te verstaan watter faktore daartoe bydra dat verpleegkundiges die voorneme ontwikkel om 'n organisasie te verlaat, en gevolglik wat organisasies kan doen om verpleegkundiges wel te behou.Toenemende druk word in die gesondheidsorgsektor ervaar, meer spesifiek op verpleging, weens ernstige tekorte in hierdie dissipline.Hierdie tekorte is nie 'n geïsoleerde verskynsel nie, maar raak die privaatsektor sowel as die publieke sektor wêreldwyd, sowel as Suid-Afrika.'n Veelvoud van faktore dra daartoe by dat verpleegkunde 'n skaars vaardigheid wêreldwyd is.Sekere faktore is beheerbaar, ander nie.Deur die beheerbare faktore te isoleer, kan organisasies en bestuurders aksieplanne in plek stel om die impak van hierdie krisis te verminder.Prosesse en aksieplanne om byvoorbeeld die verplegingpoel te vergroot, en ook om die huidige werksmag te behou, kan bydra tot die oorbrugging van hierdie uitdaging.Daar is bewyse dat die implementering van 'n gestruktureerde talentbestuurprogram kan bydra om hierdie uitdaging te oorkom.'n Sleutelrol in so 'n talentbestuurprogram, is die lynbestuurder en sy/haar bevoegdheid ten opsigte van die bestuur van personeel.Hierdie studie het ten doel om 'n bestaande talentbestuurmodel vir lynbestuurders te her-evalueer en addisionele veranderlikes voor te stel wat organisasie-uitkomste soos werkstevredenheid, organisasie-verbondenheid en voorneme om te bedank beïnvloed.Deur te verstaan watter lynbestuurbevoegdhede organisasie-uitkomste beïnvloed en die wyse waarop hierdie bevoegdhede op hierdie uitkomste inwerk, kan lynbestuurders, sowel as organisasies, toegerus word om prosesse en programme te formuleer.Hierdie programme kan 'n bydra lewer tot die behoud van 'n skaars vaardigheid, en sodoende die impak van 'n wêreldwye krisis minimaliseer.Die resultate van die studie het aangetoon dat die operasionalisering van die talentbestuurbevoegdhede onsuksesvol was.Die oorspronklik voorgestelde model moes gevolglik gereduseer word deur die talentbestuur-latente veranderlikes uit die model te verwyder.Swak modelpassing is vir die gereduseerde model bevind.Wysigings is egter aan die gereduseerde model aangebring gebaseer op modifikasie-indeksvoorstelle afgelei uit die data.Die gewysigde model het goeie passing getoon en steun is vir al die bane in Stellenbosch
Language: English
Field: Nursing
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2145947802
Cites: 86
Cited by: 8
Related to: 10