Work

Lower external input farming methods as a more sustainable-solution for small-scale farmers

Year: 2009
Type: dissertation
Abstract: Hierdie tesis is daarop gemik om die volhoubaarheid van die oorspronklike Green Revolution (GR)-boerdery metodes vir klein-skaal boere in ontwikkelende lande te assesseer, om alternatiewe boerdery metodes wat meer volhoubaar is te identifiseer en om op die New GR for Africa, wat tans deur die Alliance for a Green Revolution in Africa (AGRA) bevorder word, kommentaar te lewer.ʼn Sleutelelement vir hierdie tesis is primêre navorsing wat in Indië uitgevoer is ten einde die ondervinding van geselekteerde klein-skaal boere wat van GR na lae eksterne insette boerdery metodes in daardie land oorgeskakel het.Die ondervinding van die boere in Indië is aangewend om onderwerpe wat in die tesis aangeraak word, uit te lig.Beide primêre en sekondêre data is aangewend om die studie toe te lig.Eerstens is ʼn literatuur oorsig onderneem ten einde die oorspronklike GR te assesseer, alternatiewe boerdery metodes te identifiseer en inligting rakende die New GR for Africa in te samel.Ten einde volhoubaarheid te assesseer, is ʼn raamwerk ontwikkel wat volhoubaarheid op beide ʼn universele asook die klein-skaal boer se vlak gedefinieer het.Hierdie raamwerk is gebaseer op ʼn bespreking oor volhoubare ontwikkeling en die volhoubare lewensmiddele benadering.Tweedens is primêre data van ʼn groep klein-skaal boere in Indië, wat aan ʼn program wat deur ʼn nie-regeringsorganisasie, genaamd Dharamitra, deelgeneem het, ingesamel.Die data is by wyse van semigestruktureerde onderhoude en deelnemer observasie tegnieke ingesamel.Genoemde data is aangewend ten einde onderwerpe in die literatuur oorsig toe te lig.Die studie bevind dat baie elemente van die oorspronklike GR boerdery metodes onvolhoubaar is beide op ʼn universele sowel as op die klein-skaal boer se vlak.Die hoofbevindinge is dat die GR boerdery metodes skade aan die omgewing berokken het en veral die klein-skaal boer afhanklik gemaak het van eksterne insette.Daar is bevind dat alternatiewe boerdery metodes wat organiese en lae eksterne insette benaderings gevolg het die omgewing versterk en bewaar het.Terselfdertyd is dit meer bekostigbaar vir klein-skaal boere.Die ondervindings van die klein-skaal boere met wie daar in Indië onderhoude gevoer is, ondersteun hierdie bevindinge en verskaf waardevolle toeligting tot konsepte vanuit die literatuur oorsig.Laastens is daar v bevind dat die New GR for Africa elemente van die oorspronklike GR wat onvolhoubaar vir klein-skaal boere blyk te wees, bevat, veral in terme van die steun wat daar op eksterne insette geplaas word.Die studie sluit af met voorstelle rondom die behoefte wat daar bestaan om boerdery metodes aan die klein-skaal boer bekend te maak wat beter sorg van die omgewing sowel as volhoubare lewensmiddele, naamlik organiese of lae eksterne insette metodes, te bevorder.Voorstelle aangaande die behoefte aan verdere ondersoek na die invloed van AGRA se beleid en dokumentasie ten opsigte van volhoubare boerderypraktyke in Afrika, word ook gemaak.vi
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2146006191
Cites: 49
Cited by: 5
Related to: 10