Work

Onderweg na goeie wetenskap. Ewekniebeoordeling: betroubare weegskaal of vyfde wiel aan die wa?

Year: 2010
Type: article
Abstract: Ewekniebeoordeling word wêreldwyd as die stelsel van beoordeling van \nwetenskapwerk aanvaar. Dit beklee dus die rol van beslisser oor goeie \nwetenskap. Daar het egter ’n omvangryke kritiese literatuur daarteen begin \nopbou, wat ons eie ervaring bevestig dat ’n algemene onvergenoegdheid by \nnavorsers oor hierdie stelsel bestaan. Omdat beoordeling ’n kerndeel van goeie \nwetenskapsbeoefening uitmaak, is dit die doel van hierdie artikel om hierdie \nkritiek behoorlik aan die orde te stel en aan deeglike analise en evaluasie te \nonderwerp wat daarop sal dui dat hierdie stelsel ernstige beperkinge het en dat ’n \nmeer bevredigende beoordelingsbenadering nodig is. Ons beoog om met hierdie \nkritiese besinning die pad hiervoor voor te berei en uiteindelik so ’n alternatief \nvoor te stel. Hierdie ondersoek fokus oorwegend op die kritiese literatuur. Dit \ngaan om die sorgvuldige interpreterende lees van die gelewerde kritiek afkomstig \nuit verskillende dissiplines en vertrekpunte. Die besware word gerubriseer onder \nempiriese ondersoeke en prinsipiële besware wat gebreke aandui wat dan \nkonseptueel, argumentatief en pragmaties geanaliseer word. Die leemtes en \ngebreke wat uit die literatuur na vore kom, toon duidelik die ontoereikendheid en \nmankoliekigheid aan van die stelsel as ’n waarborg vir goeie wetenskap. Dit laat \nons met die vraag na die rehabiliteerbaarheid van, of selfs ’n alternatief vir, \nhierdie stelsel. Verskeie oorwegings vir so ’n rehabilitasie of alternatief met die \noog op die bevordering van die ideaal van goeie wetenskap word aan die hand \ngedoen. ’n Oop stelsel word voorgestel waarin die nosie van kollektiewe \nintelligensie sentraal is, met kommunikasie as die kern. Daar moet in gedagte \ngehou word dat goeie wetenskap op verskillende maniere gedien word en dat \nbydraes in aard verskil. ’n Differensiële beoordelingstelsel, waarby soveel \nmoontlik belanghebbers betrek word, moet dus oorweeg word.
Author: Braam Roux
Language: Afrikaans
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2150183368
FWCI: 2.047
Cites: 19
Cited by: 3
Related to: 9