Environmental influences on innate and adaptive immune responses against Mycobacterium tuberculosis
Year: 2011
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Deur die immuunreaksie te ondersoek, in heelbloed en in die setel van infeksie, in mense met verskillende uitkomste van M.tb blootstelling sal lei tot die ontdekking van biologiese merkers en sal bydra tot ons begrip van die beskermde en nie-beskermde immuunreaksies teen die bakterium. Die hoofstudie het bestaan uit 'n aantal loodsstudies en die doel van die studies was:(1) Om die sitokienprofiele in gestimuleerde heelbloed, asook agtergrond waardes, van kinders en volwassenes te bepaal, in die gemeenskap;(2) om die profiele van biologiese merkers in heelbloed van kinders met verskillende M.tb infeksie fenotipes te bepaal;(3) om die anti-mykobakteriële immuunreaksies in heelbloed by MIV geïnfekteerde en niegeïnfekteerde kinders te bepaal;(4) om ondersoek in te stel na die doel van die aangebore immuunsisteem tydens tuberkulose siekte.Die studie ontwerpe was soos volg:(1) Volwassenes en kinders het deelgeneem aan die ondersoek van sitokienprofiele in die gemeenskap.Heelbloed is gestimuleer met BCG en ESAT-6 of is ongestimuleerd gelaat.Agtien sitokiene is gemeet in die bo-stand verkry van elke kondisie.Mense wat aktiewe tuberkulose siekte in die jare na die studie ontwikkel het, is geïdentifiseer deur die pastiëntinligting in die tuberkulose-register.(2) Kinders met gedokumenteerde huishoudelike tuberkulose blootstelling en met M.tb infeksie, soos bepaal deur vrygelate interferon-ã toetse, kinders met blootstelling maar geen infeksie en 'n kontrole groep met geen blootstelling en geen infeksie, is ondersoek.Heelbloed is gestimuleer in die QuantiFeron buise oornag en 21 sitokiene is gemeet in die antigeen gestimuleerde en ongestimuleerde bostande deur die multiplex sitokienpaneel.(3) MIV geïnfekteerde en nie-geïnfekteerde kinders het deelgeneem aan 'n hospitaal baseerde studie.Heelbloed interferon-ã reaksies teen spesifieke mykobakteriële antigene is bestudeer in 'n verdunde 7 dag heelbloed toets en vergelyk met die QuantiFeron bostande van dieselfde deelnemers.(4) Siek tuberkulose volwassenes wat nie op behandeling is nie, het deelgeneem.Die aangebore en verworwe selpopulasies is bepaal aan die begin van behandeling asook voor die einde van
Author: Laurianne Loebenberg
Language: English
Subfield: Infectious Diseases
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2153098848
