Die Rol Van Spiritualiteit in Die Veerkragtigheid Van Xhosa- Sprekende Gesinne in Die Oos-kaap
Year: 2005
Type: dissertation
Abstract: Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat die werk in hierdie werkstuk vervat, my eie oorspronklike werk is wat nog nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige ander universiteit ter verkryging van 'n graad voorgelê is nie.………………………… ……………………………… Handtekening Datum iii OPSOMMING Die doel met hierdie ondersoek was om in meer besonderhede te kyk na spiritualiteit as 'n gesinsveerkragtigheidskenmerk by Xhosasprekende gesinne in die Oos-Kaap.Gesinne met tenminste een adolessente kind, wat óf die dood van 'n gesinslid óf 'n ernstige finansiële terugslag ervaar het, is genader vir deelname aan hierdie ondersoek.'n Ouer, en in sommige gevalle ook 'n adolessent, het opgetree as verteenwoordigers van die 51 gesinne wat aan hierdie ondersoek deelgeneem het.Deelnemers moes reageer op drie ope vrae rakende hulle gesin en wat die belangrikste faktore of sterktes is wat hul gesin onlangs gehelp het.Resultate dui daarop dat spiritualiteit 'n belangrike hanteringshulpbron is wat in tydperke van krisis bygedra het tot die veerkragtigheid van die gesinne.Die kerntema van spiritualiteit word saamgevat deur ses verbandhoudende kategorieë wat fasiliterend was in die suksesvolle aanpassing van die deelnemende gesinne ná 'n krisis.Hierdie kategorieë is Gawes van God; die Aanwys van Rigting deur God en die Heilige Gees; God se Werke; God se Plan; Gebed; en Geloof.iv
Author: Karla Loubser
Language: Afrikaans
Subfield: Health
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2153669835
