Exploring 12 to 14 year old children’s perceptions of the causes and effects of physical violence between children : a Lynedoch study
Year: 2010
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMINGGeweld kom oral in die wêreld voor, veral in armer gemeenskappe soos Lynedoch, wat in die Wes-Kaap Provinsie van Suid-Afrika geleë is.In hierdie gemeenskap het fisiese geweld tussen kinders ʼn endemie geword.In 2004 is ʼn kind vermoor deur ander kinders van hierdie gemeenskap.ʼn Tendens is dwarsdeur Suid-Afrika opgemerk, van ernstige gevalle van fisiese geweld tussen kinders.Dit het so vererger dat Suid-Afrikaanse skole in 2008 as die mees onveilig en gevaarlike skole ter wêreld bestempel is.Die huidige studie was onderneem om ʼn eerstehandse begrip van die oorsake en gevolge van fisiese geweld tussen kinders in Lynedoch te verkry.Die navorser was verder gemotiveer deur sy betrokkenheid as onderwyser by die laerskool en as inwoner van die Lynedochgemeenskap.Twaalf kinders van die Lynedoch gemeenskap het deelgeneem aan die studie.Kwalitatiewe navorsing was gedoen.ʼn Fokusgroeponderhoud was gebruik om die inligting te verkry.Hierdie navorsingsintrument was gebruik omdat dit die aanbevole metode is vir navorsing met kinders en veral wanneer sensitiewe onderwerpe ondersoek word.Na die afloop van die onderhoude, was daar ʼn ontlonting vir deelnemers.Om ʼn holistiese en sistemiese begrip van die navorsingsresultate te formuleer, is Urie Bronfenbrenner se bio-ekologiese sisteeem teorie gebruik.Dit het die navorser in staat gestel om die bevindinge binne die raamwerk van die mikro-sisteem, mesosisteem, exo-sisteem, makro-sisteem en die chrono-sisteem te bespreek.Die bespreking het ook die kwesie van die invloede van die mens se natuur teenoor die vii invloede van die omgewing, die emosionele sisteem, die kognitiewe sisteem en die gedrag-sisteem gedek.Die bevindinge van die huidige studie het die volgende oorsake van fisiese geweld tussen kinders in Lynedoch geopenbaar: ʼn gebrek aan probleemoplossingsvaardighede; die swarigheid om pynlike emosies te verwerk; lae selfbeeld; swak konflikhanteringsvermoëns; huishoudelike probleme; probleme met kommunikasie vaardighede, en ʼn tekort aan aandag en volwassenes se fisiese gewelddadige gedrag.Die waargenome effekte van fisiese geweld tussen kinders in Lynedoch sluit die volgende in: pynlike emosies; desensitisering; verplaasde gevoelens van woede; wraaksugtigheid en selfmoordgedagtes.Ten einde die probleme wat deur hierdie studie na vore gekom het, prakties aan te spreek, word sistemiese veranderinge op verskeie vlakke, insluitend persoonlike, sosiale, ekonomiese, sowel as polities aanbeveel.
Author: Grant Demas
Language: English
Subfield: Social Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2154199984
