Technology assessment of renewable energy sustainability in South Africa
Year: 2012
Type: dissertation
Abstract: Die aard van tegnologie assessering het in die afgelope vier dekades verander.Dit het verander ten opsigte van 'n analitiese hulpmiddel vir tegnologie evaluering, wat hoofsaaklik staatmaak op kwalitatiewe en kwantitatiewe modelleringsmetodiek, na 'n strategiese beplanningshulpmiddel vir beleidvorming met betrekking tot nuwe aanvaarbare tegnologieë, wat afhanklik is van 'n deelnemende beleidsprobleem analise.Vandag se doel vir tegnologie assessering is om beleidsopsies vir oplossings van organisatoriese en sosiale probleme te genereer, wat op operasionele vlak gebruik maak van nuwe tegnologieë wat deur die publiek aanvaar is; met ander woorde, lewensvatbare beleidsopsies.Energie tegnologie assessering vir volhoubaarheid is sonder twyfel 'n komplekse en dinamiese proses wat 'n holistiese en transdisiplinêre benadering benodig.In die Suid-Afrikaanse konteks is daar geen formele en samehangende benadering tot tegnologie assessering vanaf 'n volhoubaarheidsperspektief nie.Beleidsmakers, tegnologie ontwerpers en besluitnemers mag sukkel om beredenerende besluite te neem oor die toepaslike tegnologie opsies sonder 'n formele omvattende of goed geïntegreerde tegnologie assesseringsbenadering om die volhoubaarheid van enige tegnologie te evalueer.Hierdie studie het 'n raamwerk ontwerp wat die tegnologie assesseringsbenadering inkorporeer binne die breë bestek van tegnologiese ontwikkeling vir volhoubaarheid naamlik, stelsel dinamika.Die raamwerk, genoem die Sisteem Benadering tot Tegnologie Volhoubaarheidsassessering (SBTVA) integreer drie sleutelelemente: tegnologiese ontwikkeling, volhoubaarheidsontwikkeling, en ʼn dinamiese stelsels benadering.Verder verskaf die studie 'n leidende proses te opsigte van die toepassing van die raamwerk tot energie tegnologie assesseringsteorie en praktyk binne die konteks van volhoubaarheidsontwikkeling.Biodiesel word gebruik vir die demonstrasie omdat dit gereken word as 'n skoner plaasvervanger vir brandstof en daar aangevoer word dat dit 'n potensiële bydraer tot volhoubaarheidsontwikkeling is.Die ontwikkeling van biodiesel behels komplekse interaksie tussen verskeie akteurs soos tegnologiese ontwikkelaars, die regering op verskillende vlakke, gemeenskappe asook die natuurlike omgewing.Verskeie aksies of reaksies in die groter sisteem mag dalk die positiewe effek van so ontwikkeling ondermyn of verhinder.
Author: Josephine Kaviti Musango
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Management of Technology and Innovation
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2154892348
