Work

Developing a framework for an undergraduate haematology curriculum in a Faculty of Health Sciences

Year: 2010
Type: dissertation
Abstract: Die Fakulteit van Gesondheidswetenskappe by die Universiteit Stellenbosch het in 1997 nuwe riglyne vir kurrikulumontwerp aanvaar.Hierdie riglyne beklemtoon `n bewustheid van die behoeftes van algemene praktyk in die openbare sektor, `n omvattende benadering tot en blootstelling aan die gemeenskapslewenstyl, asook aan siektepatrone eie aan verskillende gemeenskappe.Om te verseker dat die kurrikulum in die werklikhede van algemene praktyk geanker bly, is `n algemene praktisyn, aangestel deur die Akademie van Huisartskunde, ingesluit in die kurrikulum beheerstruktuur van die fakulteit.Dit is verder ook aanbeveel dat, waar van toepassing, `n huisarts in die kurrikulumkomitee van elke dissipline ingesluit moet word.Hierdie navorsing, wat van die veronderstelling gespruit het dat die opinie van `n enkele huisarts onvoldoende is om die toepaslikheid van `n kurrikulum vir algemene praktyk te verseker, het ten doel gestel om `n omvattende analise van behoeftes van alle belanghebbendes in die voorgraadse hematologie-opleidingsprogram by die Fakulteit van Gesondheidswetenskappe, Universiteit van Stellenbosch, te doen en om die bevindings met die bestaande kurrikulum te vergelyk.Die menings van vyf volwasse medisyne hematoloë, tien pediatriese hematoloë, vier laboratorium hematoloë, tien huisdokters, veertien studente en twintig algemene praktisyns is verkry.`n Oop-einde vraelys oor die bruikbaarheid van die hematologie-module vir hospitaal-en onafhanklike algemene praktyk is m.b.v die gekodeerde tegniek ontleed.Op grond hiervan is `n lys onderwerpe gekies en studiedeelnemers is deur van die Delphi-metode gebruik te maak, gevra om die graad van belangrikheid van elkeen aan te dui.Die antwoorde op die oop-einde vraelys het `n paar oorkoepelende konsepte uitgelig.Die belangrikste hiervan was om die materiaal wat gedoseer word te struktureer in die vorm van "benaderings", wat die vorming van `n differensiële diagnose ondersteun.Lg. is die algemeenste taak van die algemene praktisyn.Een van die uitkomste wat deur die studiedeelnemers geïdentifiseer is, nl.die vermoë om die `rooi vlag` tekens van hematologiese kankers korrek te bespeur en te assesseer, is voorgestel vir oorweging vir insluiting as `n uitkoms in die volgende kurrikulum.vi Die Delphi-vraelys het `n groep onderwerpe aangedui wat gegradeer is as `die belangrikste` vir praktyk en `n ander groep wat as `onbenullig" aangedui is.Die oorblywende onderwerpe, wat aangedui is as van `matige belang`, kan verder geklassifiseer word as siektes wat gewoonlik deur die algemene praktisyn hanteer word en patologie wat na `n spesialis verwys word .Hierdie bevindinge is met die bestaande kurrikulum vergelyk en die teenstrydighede is ontleed, waarna voorstelle vir `n raamwerk van die nuwe voorgraadse hematologie kurrikulum gemaak is.Vir sover bekend die eerste maal in die literatuur, dui hierdie navorsing uitkomste en inhoud vir `n voorgraadse hematologie-kursus aan.Hierdie uitkomste en inhoud is bepaal en gegradeer t.o.v belangrikheid en eenstemmigheid is bereik tussen die ontwikkelaars van die kurrikulum, graduandi van die kursus en vakkundiges.Die metodes wat tydens hierdie proses getoets is, asook die neigings wat na vore gekom het, mag moontlik van waarde wees vir die ontwikkeling van kurrikulums in ander mediese dissiplines.
Language: English
Subfield: Education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2156315121
Cites: 129
Cited by: 2
Related to: 10