Work

Prestasiebeoordeling van maatskaplike werkers in welsynsorganisasies

Year: 2000
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Prestasiebeoordeling is van kritiese belang vir die effektiewe bestuur van 'n welsynsorganisasie. \nPrestasiebeoordeling van maatskaplike werkers word dikwels afgeskeep, foutiewelik uitgevoer en met \ngroot negatiwiteit bejeen. \nHierdie verkennend-beskrywende studie het ten doel om wetenskaplik gefundeerde riglyne daar te \nstel vir die implementering van prestasiebeoordeling ten opsigte van maatskaplike werkers. Die doel \nis nie om volledige riglyne vir elke aspek van prestasiebeoordeling daar te stel nie, maar om probleme \nen leemtes vir toekomstige navorsing te identifiseer. \nAgt en dertig maatskaplike werkers en vier maatskaplikewerkbestuurders se belewenisse van \nprestasiebeoordeling is deur middel van vraelyste getoets en beskryf. \nDit het geblyk dat prestasiebeoordeling van maatskaplike werkers ontwikkelingsgerig is en dat die \nmaatskaplike werkers en maatskaplikewerkbestuurders baat vind by prestasiebeoordeling. Die \nmaatskaplike werkers is van mening dat prestasiebeoordeling aangewend behoort te word vir die \nidentifisering van leemtes en ontwikkelingsareas in die professionele toerusting van maatskaplike werkers. Aanbevelings ten opsigte van aspekte wat vir verdere navorsing oorweeg kan word, is \ngemaak.
Language: Dutch
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2158918694
Cites: 32
Cited by: 1
Related to: 10