Die belewingswereld van oudleerlinge van skole vir serebraal gestremdes
Year: 1991
Type: dissertation
Abstract: In hierdie ondersoek het dit aan die lig gekom dat die graad van gestremdhdd nie noodwendig die persoon se akademiese prestasie en tevredenheid met die kwaliteit van sy of haar lewe bei"nvloed nie.Verskeie erg gestremdes het besondere prestasies behaal en ervaar die lewe as sinvol.Hoeweldie positiewe bydrae van skole vir gestremdes in die wording van gestremde leerlinge duidelik blyk uit respondente se reaksies, behoort sekere aspekte van onderwys aan serebraal gestremdes heroorweeg te word.Om oorbeskerming en die ontwikkeling van onrealistiese verwagtinge te voorkom, het leerlinge aan die skole meer blootstelling aan die eise van die nie-gestremde we reId no dig.Opleiding in lewensvaardighede en oorbruggingskursusse tussen skool en die lewe' in die samelewing, kan latere aanpassing vergemaklik.Sielkundige probleme kom algemeen by serebraal gestremdes voor.Hoewel respondente waardering uitgespreek het vir die terapeutiese en sielkundige dienste, het hul egter ook op knelpunte gewys.Die sielkundige moet 'n toeganklike mens wees wat opregte belangstelling toon en wie se eerlikheid en integriteit bo verdenking staan.Voorligting, wat in sommige skole afskeep word, behoort 'n hoe prioriteit te geniet.Leerlinge behoort uitvoerig oor hul gestremdheid ingelig te word en eksistensiele vrae behoort ook in die voorligtingsituasie aangespreek te word.
Authors: Du Plessis, Jean Marais
Institution: Stellenbosch University
Language: Afrikaans
Subfield: Education
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2160508668
