Year: 2006
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Liggaamsbeeld en romantiese verhoudings is van die belangrikste ontwikkelingstake in die lewens van adolessente meisies.Desnieteenstaande bestaan daar min Suid-Afrikaanse navorsing oor die twee onderwerpe.Geen navorsing kon gevind word vir beide internasionale en plaaslike steekproewe oor 'n moontlike verband tussen die twee belangrike temas nie.Daarom was die primêre doelstelling van dié studie om die moontlike verband tussen adolessente meisies se liggaamsbeeld en hulle romantiese verhoudings te ondersoek.Meer spesifiek was die doel om te bepaal of daar 'n verband bestaan tussen deelnemers se eie beoordeling van hulle aantreklikheid en hulle verhoudingsstatus en verhoudingstevredenheid, maar ook tussen hulle liggaamstevredenheid en hulle verhoudingsstatus en verhoudingstevredenheid. Daar was twee sekondêre doelstellings.Die eerste doel was om die verband tussen deelnemers se kultuur, ouderdom en liggaamsindeks en hulle liggaamsbeeld te ondersoek.Die tweede doel was om te bepaal of daar 'n verband bestaan tussen deelnemers se kulturele groep, ouderdom en liggaamsindeks en hulle verhoudingsstatus en tevredenheid met hulle romantiese verhoudings.Vraelyste is uitgedeel aan Afrikaans-en Engelssprekende Wit meisies, Afrikaanssprekende Kleurling meisies en isiXhosasprekende Swart meisies by vier stedelike, koëd hoërskole in die Wes-Kaap en 511 vraelyste is voltooi.Deelnemers het hulle lengte en gewig gerapporteer, hulle gesig en liggaam se aantreklikheid op 'n 7-punt skaal beoordeel, en twee liggaamstevredenheid meetinstrumente voltooi: die Eating Disorder Inventory (EDI) Body Dissatisfaction subscale (Garner, Olmstead, & Polivy, 1983) en die Body Cathexis Scale (BCS) (Secord & Jourard, 1953).Deelnemers het ook hulle huidige verhoudingsstatus aangedui deur een van vyf kategorieë te selekteer: het nog nooit 'n vehouding gehad nie, is huidiglik nie in 'n verhouding nie, is huidiglik in 'n nie-vaste verhouding met een of meer persone, huidiglik in 'n vaste verhouding, en v verloof of beplan om te trou.Deelnemers het ook die Relationship Assessment Scale (RAS) (Hendrick, 1988), 'n meetinstrument wat verhoudingstevredentheid meet, voltooi.Die resultate van die primêre doel van die studie wys dat daar 'n beduidende verband vir die totale steekproef gevind is tussen liggaamsbeeld meetings en verhoudingsstatus.Oor die algemeen het meisies wat in vaste verhoudings betrokke was 'n beter liggaamsbeeld gehad as meisies wat nie in verhoudings betrokke was nie.Die resultate van die verskillende kultuur-en liggaamsindeks groepe het egter van mekaar verskil vir die verhouding.Wat die verhouding tussen liggaamsbeeld en verhoudingstevredenheid betref, is gevind dat die Body Cathexis Scale punte die deelnemers se tevredenheid met hulle romantiese verhoudings beduidend voorspel het.Daar is ook gevind dat beide gewig en kultuur 'n rol gespeel het in die verhouding tussen liggaamsbeeld en verhoudingstevredenheid. Die ondersoek na die sekondêre doel van die studie het getoon dat daar 'n verband was tussen kultuur en liggaamsbeeld, liggaamsindeks, verhoudingsstatus en verhoudingstevreden-heid.'n Verband het ook bestaan tussen ouderdom en deelnemers se liggaamsindeks en verhoudingsstatus, en tussen deelnemers se liggaamsindeks en liggaamsbeeld, maar nie tussen liggaamsindeks en verhoudingsstatus, en tussen liggaamsindeks en verhoudingstevredenheid nie.Deelnemers se kultuur en liggaamsindeks het dus 'n belangrike rol gespeel in hulle liggaamsbeeld en romantiese verhoudings en ook in die verhouding tussen die twee faktore.vi Mr. Nceba Somhlaba, Mrs. Therina de Villiers and Miss Noeline Bezuidenhoudt for their help with the data collection.
Author: Minette De Villiers
Language: English
Subfield: Clinical Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2163207378
