Prediking binne die konteks van 'n sukses-gedrewe samelewing : 'n prakties-teologiese ondersoek
Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: Hierdie studie het ten doel om rigtingwysers te ontwikkel vir prediking wat die realiteit van sommige mense se ervarings van magteloosheid ernstig opneem te midde van 'n suksesgedrewe samelewing waarbinne die prediking plaasvind.Die rigtingwysers is ontwikkel deur middel van 'n prakties-teologiese ondersoek waartydens rekening gehou is met sekere tendense wat geïdentifiseer is tydens die analise van 'n aantal preke en dagstukkies.Die analises is gedoen aan die hand van 'n teorie wat ontwikkel is met inagneming van sommige mense se ervarings van magteloosheid.Daar is verder gepoog om raakpunte te identifiseer tussen die betrokke tendense en die voorveronderstellings en konsekwensies van sekere strategiese benaderings binne die kerk om sodoende aan te dui dat die betrokke strategiese benaderings moontlike oorsake van sekere tendense by preke inhou.Die betrokke strategiese benaderings kan in 'n meerdere of mindere mate teruggevoer word na die Amerikaanse konteks waar hulle deur die sukses-gedrewenheid van die Amerikaanse droom en die korporatiewe ideologie beïnvloed is.Die voorveronderstellings en konsekwensies van die betrokke strategiese benaderings wat raakpunte toon met die tendense wat by preke geïdentifiseer is, het te doen met Godsbeelde, opvattings oor die gemeente, maniere van Skrifgebruik en predikers se verstaan van hulle identiteit.Daar is verder, in die lig van die evangelie, gesoek na alternatiewe vir die betrokke voorveronderstellings en konsekwensies ten einde die verlangde rigtingwysers te ontwikkel.Die alternatiewe wat deur die evangelie gebied word, is sodanig dat die rigtingwysers prediking in gedagte het wat tot 'n groter mate troos, konfronteer en uitnooi tot nuwe perspektiewe in die lig van God se handelinge en sy betrokkenheid by mense en minder daarop ingestel is om beheer uit te oefen of om maniere te probeer bied waardeur beheer verkry kan word as wat die geval was by die preke en dagstukkies wat geanaliseer is.Afrikaner (2009:32).'n Sukses-gedrewe samelewing waarbinne verbruikerskultuur 'n belangrike rol speel, het die volgende kontoere om mee rekening te hou: 'n Groeiende ekonomie veroorsaak die verbruik van meer en meer grondstowwe en koolstof-gebaseerde vorms van energie wat op die lang termyn nie volhoubaar is nie.Daar word dus gesoek na 'n omgewingsvriendelike leefstyl en die rol van morele visie en leierskap in dié verband (2009:53). Enige moderne ekonomie is so ingewikkeld dat dit nie duidelik is wat gedoen kan word om die skep van welvaart, die meer gelyke verdeling daarvan en volhoubaarheid daarvan te balanseer nie (2009:91-92). 'n Steeds hoër inkomste is nodig om 'n mens se lewenstandaard te kan handhaaf en dit lei daartoe dat welvarendes slagoffers van hulle eie begeertes word (2009:102).Die uiteinde daarvan is 'n stresvolle, gejaagde lewe en gevoelens van minderwaardigheid wat gepaard gaan met die onvermoë om met die kompeterende aard van 'n kapitalistiese etos te kan byhou (2009:107). Die enkelgesin-huishouding en privaat vervoer wat daarmee saam gaan wat deur baie as die norm beskou of as ideaal nagestreef word, bring sekere maatskaplike probleme mee.Hierdie probleme sluit in dat mense dikwels afgesonder van ander leef, minder by politieke prosesse betrokke is en minder aandag gee aan die nood om hulle en die verbrokkeling van die soort instellings waar rondom gemeenskappe opgebou word (2009:99-100). Waardes word afgewater deurdat geld 'n oorheersende rol in dié verband speel.Mense word nie meer langer waardeer vir wat hulle gewoon is nie, maar vir wat hulle tot die maatskappy se winste kan bydra (2009:111). Die verbruikerskultuur is nie soseer daarop gemik om begeertes te bevredig nie, maar om begeertes aan te wakker en op onmiddellike bevrediging van behoeftes aan te dring (2009:133-135).Hierdie wisselwerking van behoeftes wat geskep en bevredig word, gee aanleiding tot 'n spiraal van ontluikende behoeftes ver verby die punt waar 'n mens werklik iets nodig het.Dit kan die vermoë tot die goeie by mense ondermyn (2009:127). Die betekenis van verantwoordelikheid het 'n betekenisverskuiwing ondergaan weg van morele plig en besorgdheid oor ander se belange na die mikpunt van selfvervulling.Die klem val nou op 'n mens se verantwoordelikheid teenoor jouself en om die regte keuses te maak (2009:147). 'n Mens kan sê dat die verbruikerskultuur 'n godsdiens van welvaart en vooruitgang geskep het wat lei tot die najaag van geluk, genot en eie bevrediging.Dit lei tot 'n soort leefstyl waarvolgens mense soos 'n spons deur die lewe gaan om voortdurend nuwe ervarings te absorbeer ( 2009:203-204).Sodanige leefstyl kan ook soeke na spiritualiteit insluit (2009:206). Daar word van alle kante af om 'n mens se aandag gewedywer.Daarom is dit eenvoudig nie moontlik om aan alles die aandag te gee wat dit dalk verg nie.Bemarking is dus nodig om mense se aandag te trek en jou aanspraak op hulle aandag te vergroot (2009:166-167).Tydens die bemarking van produkte word daar op strategiese maniere betekenis aan die produk toegevoeg om mense sodoende te mislei dat die verbruik daarvan hul dieper behoeftes kan vervul (2009:155-156).Soortgelyke strategieë word soms gebruik om die evangelie te bemark (2009:180).Sodanige bemarking word toenemend nodig namate hoofstoom kerke met 'n groot verskeidenheid nuwe kerke meeding vir die aandag van Christelike verbruikers (2009:177).Die laaste van die bogenoemde kontoere word vir die doeleindes van hierdie studie as van besondere belang geag en lewer 'n belangrike bydrae tot die motivering vir die studie wat in die volgende afdeling behandel word.1.2 Motivering vir die studie Volgens Osmer (2008:17) is dit 'n belangrike deel van prakties-teologiese interpretasie om rekening te hou met die konteks waarbinne 'n gemeente bestaan.Dat 'n sukses-gedrewe samelewing reeds besig is om op gemeentes 'n invloed uit te oefen, blyk uit die volgende soos beskryf deur Smit (2000:61-62): Oral word gesê Christelike kerke moet tred hou met veranderende tye.Ons leef in 'n wêreld waarin die mark oorheers, word gesê, en kerke moet hulle kognitiewe, affektiewe en etiese oriëntasie te gee wat uiteindelik bepalend is vir hulle gedrag (2000:41).Die derde voorbeeld het te doen met die feit dat die Westerse leefwyse so gestruktureer is dat 'n sekere lewenstandaard daargestel word.Hierdie standaard behels onder andere dat sekere dinge waarsonder mense kan klaarkom, as statussimbole voorgehou word waarmee mense aan mekaar wil bewys dat hulle as mense aanvaarbaar en suksesvol is.Daar bestaan 'n groot verskeidenheid produkte waarsonder mense kan oorleef, maar wat deur die mag van die advertensie as lewensnoodsaaklikhede aan ons voorgehou word.Arm en werklose mense glo ook dat hulle dié lewenstandaard moet handhaaf en daarom moor en steel sommige van hulle om dit te laat realiseer (vgl De Villiers 2000:13-15).Volgens Van Niekerk (2009:77) trek die moderne kultuur mense aan, maar stoot hulle ook af om tot kulturele verset aanleiding te gee.Hy vertel dat daar tydens 'n ondersoek op 'n tradisionele kleihuis in 'n plakkerskamp afgekom is.By navraag daarna is hulle meegedeel dat die huise koel in die somer en warm in die winter is, droog is as dit reën, die stof uithou en niks kos om te bou nie.Daar is ontwykend gereageer op die vraag waarom hulle nie almal sulke huise bou nie totdat een geantwoord het dat dit sal lyk asof hy nog op die plaas is.Die huise van sink en karton is vir hulle mooi, nie omdat hulle mooi is nie, maar omdat hulle dit sien as 'n begin ten opsigte van die ideaal wat hulle nastreef om eendag in 'n Westerse huis te woon.Die vierde voorbeeld is die mag van die ideologie.Die woord ideologie dui volgens Conradie (2009:16) op dit wat mense as volkome vanselfsprekend aanvaar, iets waarvan hulle dalk nie eers bewus is nie, maar wat tog vanuit 'n ander perspektief glad nie so voor die hand liggend is nie.'n Voorbeeld in dié verband is die ideologie van apartheid.Volgens Snyman (2007:21-22) het die invloed van apartheid nie net die ekonomiese magte skeefgetrek en die magsbalans versteur nie, maar dit het ook ons denke beïnvloed.Daar word nou van ons verwag om in te sien dat apartheid en rassisme verkeerd is, want dit veronderstel diskriminasie op grond van voorkoms, maar ons sit egter met 'n denkstruktuur wat juis op daardie gronde funksioneer.Om die trauma van die verlede op 'n godsdienstige wyse te verwerk, vereis dat ons 'n ander manier van dink bemeester waarmee die werklikheid anders beskryf en gekonstrueer kan word.situasies van magteloosheid beland het.Daar behoort ook gelet te word op die moontlikheid dat prediking nie die wyse waarop sommige mense deur strategiese situasies geaffekteer word, genoegsaam in aanmerking neem nie om vorendag te kom met verwagtings en oplossings wat magteloosheid kan vererger.Daar behoort ook rekening gehou te word met die moontlikheid dat prediking self strategies van aard kan wees ter wille van sekere motiewe om sodoende by te dra tot die komplekse strategiese situasie binne 'n sekere konteks om sodoende mag te versterk.Predikers het dus potensiële mag deurdat hulle die prediking kan gebruik om strategieë te implimenteer.Volgens Nouwen (1989:58) bestaan daar die versoeking om mag te beskou as 'n geskikte manier om die evangelie te verkondig en te dink dat mag wat in diens van God en medemens aangewend word, goed is.Die geskiedenis is egter vol van gevalle waar sodanige opvattinge aanleiding gegee het tot situasies wat vir sommige mense destruktiewe gevolge ingehou het.In die lig van die feit dat magsuitoefening egter in enige situasie aan die orde is, ook waar die evangelie verkondig word, behoort daar eerder gesoek te word na die mees gepaste vorm plakkersgemeenskappe wat veel te wense oorlaat, die gebrek aan onderwys en die gevolglike ongeletterdheid.Die situasie word verder vererger deur diskoerse oor armoede wat aan armes gekommunikeer word en onder andere die volgende insluit: dat armoede die arm mense se eie skuld is; dat armoede met
Author: Christian Hendrik Dreyer
Language: Afrikaans
Subfield: Religious studies
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2163682462
