Year: 2011
Type: dissertation
Abstract: El dana sacchar ina W alker (Lepidoptera: Pyralidae) is inheems in Afrika.Sedert die 1970's is dit een van die vernaamste plae van die suiker bedryf in suidelike Afrika en om die rede is dit die onderwerp van vele navorsingsproj ekte by die Suid Afrikaanse Suikerriet Navorsings Institut.Huidige beheer maatreëls is nie voldoende nie, en gevolglik het die navorsingsfokus vanaf ' n land-by-land basis na ' n W ye-Area Geï ntegreerde Plaag Bestuur fokus verskuif.Die gebruik van Steriele Insek Tegniek (SIT) is deel van ' n wye-area benadering.El dana sacchar ina was ondersoek as ' n geskikte kandidaat vir SIT.Die biologie van E. sacchar ina was hersien.Gekontroleerde studies, waarin voortplantingspotensiaal, lewensvatbaarheid en manlike en vroulike paringsgedrag ondersoek was, was uitgevoer op laboratorium geteelde E. sacchar ina.Die gemiddelde voortplantingspotensiaal was 518 ± 27.5 eiers (gemiddelde ± standaard fout) en ' n maksimum van 798 eiers was gelê, waarvan die gemiddelde lewensvatbaarheid 63.2 ± 4.2% was.Die meerderheid (56.7%) wyfies het slegs eenmaal gepaar, maar die gemiddelde paringsfrekwensie was 1.5 ± 0. 1 maal en ' n maksimum van 3 maal.Mannetj ies het met so veel as ses wyfies gepaar, maar die gemiddelde was met 3.3 ± 0.72 wyfies.Die meeste paring het geskied gedurende die eerste (90%) en tweede (93%) nagte na die uitkoms van die mannetj ies.Gedurende die tweede nag na uitkoms was die meerderheid van die totale eiers (49.9 ± 3.9%) gelê.' n SI T program vereis dat steriele gemerkte volwasse individue vrygestel moet word en dat die merker nie nadelig ten opsigte van hulle biologiese ontwikkeling mag wees nie.Sudan Red 7B en Calco Red N1700 was toegevoeg in voedselbronne waarop E. sacchar ina geteel was.Sudan Red het die volwasse uitkoms en voortplantingspotensiaal onderskeidelik met 38% en 70% verminder en het die ontwikkelingstydperk aansienlik verleng in vergelyking met die ongemerkte kontrole E. sacchar ina.Kontrastreerend, het Calco Red geen merkwaardige uitwerking op die v ontwikkeling en reproduktiewe biologie van E. sacchar ina gehad nie, en is gevolglik ' n geskikte merker.Beide kleurstowwe het E. sacchar ina rooi gemerk.Die bestralingsbiologie van E. sacchar ina was ondersoek deur laboratorium-geteelde mannetj ies en wyfies aan toenemende bestralingsdosisse (0, 150, 200, 250, 300 en 350 gray (Gy)) bloot te stel en daarna, vir elke bestralingsdosis, as volg te teel: bestraalde mannetjies (T♂) met onbestraalde wyfies (N♀) en bestraalde wyfies (T♀) met onbestraalde mannetjies (N♂).Die telingskombinasie van bestraalde wyfies (T♀) en bestraalde mannetjies (T♂) was blootgestel aan dieselfde bestralingsdosisse behalwe 350Gy.Die oorlewende F 1 nageslag wat verkry was vanaf die drie bogenoemde telingskombinasies was geteel met onbehandelde eweknieë en F 1 volwassenes van die teenoorgestelde geslag vanaf elke bestralingsdosis om F 1 lewensvatbaarheid te ondersoek.Lewensvatbaarheid het aansienlik afgeneem met toenemende bestralingsdosisse in the ouerlike parings en die F 1 nageslag van die bestraalde mannetj ies.Bestraalde wyfies wat met laboratorium geteelde en bestraalde mannetj ies gepaar was, was meer sensitief teenoor bestraling en was geheel en al steriel by 150Gy en 250Gy onderskeidelik, terwyl bestraalde mannetj ies wat met laboratorium geteelde wyfies gepaar was nogsteeds ' n residuele lewensvatbaarheid van 0. 19% gehad het na blootstelling aan 350Gy.F 1 nageslag, beide manlike en vroulik, van bestraalde mannetj ies (blootgestel aan 250Gy en 0.82% vrugbaar) was geheel en al steriel.El dana sacchar ina is gevolglik ' n gepaste kandidaat vir SI T ontwikkeling.vi
Author: A. J. Walton
Language: French
Subfield: Insect Science
Domain: Life Sciences
SDG: Zero hunger
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2166432782
