The impact of climate change on human security in South Africa
Year: 2008
Type: dissertation
Abstract: Die 'Stern Review on the Economics of Climate Change' kom tot die slotsom dat klimaatsverandering veroorsaak dat basiese hulpbronne wat mense regoor die wêreld aan die lewe hou skaarser word -varswaterbronne, voedselproduksie en grond om te bewoon en te bewerk.Die mening is dat omgewingsnood tot migrasie lei wat weer konflik in die ontvangsarea veroorsaak aangesien mededinging vir hulpbronne dan ontwikkel.Gebaseer op die vernaamste teorieë wat verband hou met hulpbronskaarste en konflik, is die doel van hierdie tesis om die verband tussen klimaatsverandering en menslike sekuriteit te bepaal.Die relevansie van hierdie navorsing is die feit dat die Stern Review tot die gevolgtrekking kom dat klimaatsverandering 'n ernstige bedreiging vir die wêreld inhou en dat Afrika een van die kontinente is wat die hardste getref gaan word.Afrika is reeds blootgestel aan wisselvallige klimaatstoestande en beskik oor die minste kapasiteit om te reageer daarop.Hierdie tesis het ten doel om die impak van hulpbronskaarste op menslike sekuriteit in Suid-Afrika na te vors.Die teoretiese benadering ondersoek die veel besproke konsep van 'menslike sekuriteit' soos dit ontwikkel het sedert die einde van die Koue Oorlog en die ontleding is gebaseer op die vernaamste konflikteorieë wat beweer dat mededinging oor toegang tot skaars hulpbronne een van die primêre oorsake van gewelddadige konflik is.Die navorsingsontwerp vir hierdie studie is empiries van aard met die verskillende eenhede wat ontleed word: regerings, fisiese gebeure en prosesse en die daaropvolgende menslike optrede.Dit is 'n beskrywende ontleding wat die impak van klimaatsverandering op skaars hulpbronne en die gevolglike neiging tot konflik probeer interpreteer.'n Groot deel van die geweld teen migrante is die gevolg van wisselende grade van vreemdelingehaat onder alle rassegroepe in Suid-Afrika.Hierdie tesis stel die hipotese dat migrasie toenemende mededinging oor skaars hulpbronne in ontvangsareas veroorsaak, wat as 'n gevolg van vreemdelingehaat op konflik uitloop.Gebaseer op die teoretiese argumente wat aangevoer word, het die tesis ten doel om vas te stel watter beleidsopsies vir aanpassing, versagting en bestuur die beste sal wees om die skadelike impak van klimaatsverandering op v kwesbare streke en groepe mense in Suid-Afrika en buurlande te beheer sodat migrasie in toom gehou en die voorkoms van gewelddadige konflik verminder kan word.Nadat vreemdelingehaat geïdentifiseer is as die vonk wat moontlik konflik tussen groepe kan laat vlamvat, is dit nuttig om teoretiese insig te verkry in die vermindering van groepsvooroordeel en die verkryging van groepsamewerking deur middel van kontak tussen groepe.Dit is duidelik dat daar geen enkele teoretiese benadering is wat toegepas kan word om beter insig te verkry in die komplekse verband tussen hulpbronskaarste en konflik nie.Die verskillende teorieë is wedersyds versoenbaar en elke teoretiese perspektief dra gedeeltelik by tot en verskaf bykomende insig in die klimaatsverandering-/konflikhipotese.Daar is moontlik ruimte vir 'n nuwe teoretiese benadering om beter begrip te ontwikkel vir die ingewikkeldheid en onsekerhede wat gepaardgaan met die bestudering van 'n onderwerp so kompleks soos dié van klimaatsverandering.
Author: Elsa Rabie
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Sociology and Political Science
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2166646986
