Corporate governance and the financial performance of selected Johannesburg Stock Exchange industries
Year: 2014
Type: dissertation
Abstract: Hoofstroombeleggers is veral geïnteresseerd in hoe hulle finansieel by ʼn spesifieke belegging kan baat.Alhoewel dit die geval is, begin ʼn toenemende aantal sogenaamde 'verantwoordelike beleggers' ook die omgewing, sosiale en korporatiewe bestuursaspekte (ESG-aspekte) in hulle beleggingsanalise en eienaarskapspraktyke integreer.Korporatiewe bestuursnakoming is dikwels die eerste vlak van ESG-belangstelling vir hierdie beleggers.Vorige navorsers het die verwantskap tussen korporatiewe bestuur en verskeie maatstawwe van finansiële prestasie ondersoek, maar het onbesliste resultate ten opsigte van die aard van die verhouding gerapporteer.Ongeag die drie King-verslae wat ʼn goed ontwikkelde raamwerk vir die nakoming van korporatiewe bestuur in Suid-Afrika verskaf, is daar tot dusver nog geen omvattende akademiese studie oor die bogenoemde verwantskap in Suid-Afrika gedoen nie.Die primêre doelstelling van hierdie studie was dus om die verwantskap tussen korporatiewe bestuur en die finansiële prestasie van JSE-genoteerde maatskappye te ondersoek.Die geselekteerde studie tydperk (20022010) het die wêreldwye finansiële krisis van 20072009 ingesluit en het saamgeval met die bekendstelling van die King II-verslag.ʼn Kombinasie van gerieflikheids-en oordeelkundige steekproefneming is gebruik om ʼn steekproef vanuit ses JSE-nywerhede te selekteer.In ʼn poging om oorlewingsydigheid te verminder, het dié steekproef sowel genoteerde maatskappye as maatskappye wat gedurende die studietydperk gedenoteer het, ingesluit.Die volledige steekproef het uit 227 maatskappye (1 417 jaarlikse waarnemings) bestaan.Met die aanvang van die studie was daar ʼn gebrek aan betroubare, geredelik beskikbare ESG-data vir JSE-genoteerde maatskappye.ʼn Bestaande navorsingsinstrument vir korporatiewe bestuursnakoming is dus verfyn om gestandaardiseerde data rakende die gekose maatskappye se korporatiewe bestuursnakoming te verkry.ʼn Jaarlikse korporatiewe bestuur telling (CGS) is deur middel van inhoudsanalise van die betrokke maatskappy se jaarstate vir elk van die maatskappye saamgestel.Vyf finansiële prestasie veranderlikes is oorweeg, naamlik ondernemingsrentabiliteit (ROA), rentabiliteit van ekwiteit (ROE), verdienste per aandeel (EPS), totale aandeelopbrengs (TSR) en risiko-aangepaste abnormale opbrengs (alfa).Die keuse van hierdie maatreëls was op vorige navorsing gegrond.Die sekondêre finansiële data was afkomstig van die McGregor BFA-databasis en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek.
Author: Nadia Mans-Kemp
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Finance
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2167139344
