Work

Durability and diffusive behaviour evaluation of geopolymeric material

Year: 2006
Type: dissertation
Abstract: Hierdie tesis simboliseer die eerste probeerslag om effektief die weerstands-vermoë van geopolimere beter te verstaan en te definieer.Dit is veral belangrik om die leeftyd van dié materiale in gevorderde industriele aanwendings akkuraat te voorspel en met dié van Gewone Portland Sement (GPS) te vergelyk.Klem word op vliegas-gebaseerde geopolimere geplaas vanweë die moontlike ekonomiese-en omgewings voordele wat hul inhou, asook die maklike toegangklikheid tot groot hoeveelhede van die stof.Geopolimere is vermoedelik al duisende jare terug ontdek, maar dit is eers onlangs (te danke aan die versameling van navorsings-kennis reg oor die wêreld) in breër terme van sy chemiese en fisiese komposisie gedefinieer.Die gebruik van die geopolimere as konstruksie materiaal is egter nog uiters beperk; as gevolg van beperkte weerstands-vermoë kennis.Dit is juis die beperking wat eindelik gelei het tot hierdie navorsings-projek.Bestaande beton tegnologie-en kundigheid skep 'n goeie platvorm vanweë die insig in gebruiklike weerstands-metodes wat omskep is in toepaslike metodes vir die analisering van geopolimere.Die breë spektrum van bestaande literatuur in die verband het nie slegs tot die eindelike ekperimentele metodes gelei nie, maar ook as gevestigde vergelykingspunt opgetree.Dit is nou moontlik om kwalitatief die verwagte weerstand van geopolimere met beton te vergelyk.Chloried-verwante korrosie is aangewys as die hoof bydraer tot gewapende-beton strukture se agteruitgang.Die hoë-koste beton-rekonstruksie wat deurgangs geëis word, skep nou die weg vir geopolimere, as meer duursame materiaal, om sy verskyning te maak.Indien dit binne geloofwaardige perke bewys kan word dat geopolimere die deurdringing van chloriedes beter kan weerstaan, is die stryd reeds halfpad gewonne.Die klem val nou op die feit dat die werk in die tesis op twee onafhanklike maniere bewys dat geopolimere se Chloor Diffusie Koeffisiënt (CDK) aansienlik laer is as dié van enige mengsel beton of semet s'n is.Verder, is die Sulfaat Diffusie Koeffisiënt (SDK) ook vir al die prosesse bepaal.Die verskil is in die suuragtige omgewing waarin die sulfaat blootstelling voorkom.Die metode dien 'n tweeledige doel: Eerstens om die diffusie vermoë van geopolimere met dié van beton te vergelyk en tweedens om sy weerstand teen 'n sterk suur te ondersoek.Die geoplimere monsters het uitgeblink in beide van die ondersoeke.Die ontwikkelling van 'n sagteware pakket word ook bespreek.Die doel van die pakket is om toekomstige resepte op gelyke basisse te kan vergelyk, veral die resepte wat nie in die tesis aangeraak word nie.Die sagteware maak die omgekeurde ook moontlik, waar 'n gekose vi sturktuur leeftyd die ooreenkomstige diffusie koeffisiënt sal bied.Hierdie mag 'n waardevolle instrument vir toekomstige navorsers, asook kommersiële gebruikers van geopolimere wees.Om af te sluit: Die werk dien as die begin-punt waar geopolimere se gevorderde weerstandsvermoë teen allerdaagse verwering as konstruksie materiaal bewys word.Die resep wat die beste in al die omstandigheide gevaar het, word beklemtoon en waardevolle voorstelle vir die mees gepaste grondstowwe word uitgewys.Die sukses van die werk hang egter af van die mate van blootstelling en toekomstige navorsing wat die veld gaan geniet.Aanvanklike blootstelling het in die vorm van plaaslike konferensies geskied, asook 'n beplande publikasie in 'n geakkrediteerde joernaal.
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W218306266
Cites: 75
Cited by: 29
Related to: 10