Year: 1988
Type: article
Abstract: van die Algemeen Nederlandsch Verbond, opgerig te Brussel in J895 ter versterking van die betrekkinge tussen Dietstaliges oor die hele wereld, die Afrikaners inbegrepe.Hy het saam met dr.E.C.Godee Molsbergen en mnr.John Gaspard Gubbins hom beywer vir die skenking van kort tevore gevonde stukke van die grafsteen van Jan van Riebeeck en sy tweede eggenote Maria Scipio in Batavia aan Suid-Afrika.Godee Molsbergen was enkele jare professor in Stellenbosch, historikuj)van Suid-Afrika en in 1922-36 argivaris in die Landsargief te Batavia.I Gubbins was van Engelse geboorte, boer in Wes-Transvaal, groot Africanaversamelaar en grondlegger van die Africanamuseum te Johannesburg.14 ) Die Goewerneur-Generaal en die Volksraad in Batavia het toegestaan dat die stukke na die kultuurhistoriese museum in Kaapstad gestuur is.Hy het hom ook ingespan vir die ekonomiese betrekkinge tussen Oos-Indie en Suid-Afrika, hoewel die lande oppervlakkig beskou min het om mekaar aan te bied.Toe die Koninklijke Paketvaart-Maatschappij -'n groot redery vir Oos-en Suid-Asie -weens gebrek aan vrag in die Groot Depressie skepe moes ople, het hy die KPM-direksie aangeraai om 'n lyndiens na suid-Afrika te open.Die KPM het die diens met passasiers-en vragskepe in 1932 begin en later uitgebrei na Wes-Afrika en Suid-Amerika.Hy het bygedra tot die invoer van Suid-Afrikaanse beeste in Oos-Indie.Hy het in kontak met sommige Afrikanerboere op Wes-Java, van Ceylon afkomstig, gebly.Daar bestaan 'n foto van hom en die bekendste van die Afrikaners, tydens sy besoek aan hul bedryf, de Generaal-de-Wet-boerderij, omstreeks 1933 geneem.
Language: English
Subfield: Sociology and Political Science
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W220187606
