Toerisme in die Amish- en Oraniagemeenskappe : 'n Vergelykende studie
Year: 2015
Type: dissertation
Abstract: Hoofstuk 1: Inleiding Die Amish-en Orania gemeenskappe, wat onderskeidelik in die Verenigde State van Amerika en Suid-Afrika gevestig is, het in die twintigste eeu as gevolg van unieke redes ontstaan.Vir die Amish was die vernaamste dryfkrag hulle geloof en vir Orania het dit om kulturele samehorigheid en ideologiese dinamika gegaan.Die uniekheid en eienaardigheid van dié twee gemeenskappe het die belangstelling van toeriste geprikkel om meer oor hulle uit te vind en sodoende het veral die erfenisen kultuurtoerismebedryf by die twee gemeenskappe ontwikkel.Die hoofdoel van hierdie verhandeling is om die spesifieke bedryf in die twee gemeenskappe met mekaar te vergelyk met behulp van sekere modelle.Daar is ook gekyk na die moontlikhede wat die meer gevorderde toerisme situasie van die Amish vir Orania inhou.Hierdie inleidende hoofstuk kyk na die konsep van erfenis-en kultuurtoerisme en verskeie definisies daarvan word bespreek, asook belangrike verbandhoudende aspekte soos kulturele veranderinge, kommodifikasie/kommersialisasie en outentisiteit.Die metodologie van die studie word bespreek tesame met 'n bespreking van die modelle wat gebruik is.Richard Butler se "Toerisme Area Lewenssiklus" (TALS) is die hoofmodel wat in die studie gebruik is, met veranderinge en uitbreidings wat deur ander outeurs op Butler se model toegepas is.Hierdie hoofstuk word met 'n hoofstuk indeling van die studie afgesluit.
Author: Tharien van Niekerk
Institution: University of Pretoria
Language: Afrikaans
Subfield: Cultural Studies
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2213736346
