How flower visitation of remnant grassland patches is affected by commercial timber plantations and an invasive alien species (Rubus cuneifolius)
Year: 2015
Type: dissertation
Abstract: Algehele samevattingOns planeet is in die middel van 'n biodiversiteit krisis, met faktore soos grond transformasie, klimaatsverandering, antropomorfiese versteuring en indringerspesies wat gesamentlik werk om biodiversiteit te bedreig.Suid-Afrika, besit minimale houtbronne.Daarom is kommersiële bosbou een van die mees algemene vorme van landskap transformasie.Tog is 'n derde van die land binne baie plantasies opsy gesit vir bewaring as oorblywende grasveld kolle (OGKs).Hierdie gebiede word ongelukkig blootgestel aan die bykomende negatiewe impak van die uitheemse spesies, Rubus cuneifolius (Amerikaanse steekdoring), wat veral problematies is in en rondom bosbouplantasies.Die grasveldbioom van Suid-Afrika is baie divers en is van kardinale belang vir die ekosisteem dienste wat dit lewer.Ten spyte hiervan, word die grasveldbioom bedreig waar dit op dieselfde areas as die meerderheid van Suid-Afrika se bosbouplantasies geleë is.Antropomorfiese versteuring lui daartoe dat bestuiwergetalle daal.Landskap transformasie vir bosbou plantasies raak dus plant-bestuiwer interaksies, wat ekosisteme en biodiversiteit beïnvloed.Dit is nie bekend tot watter mate hierdie ekosisteme geraak word nie.Daar word vermoed dat die impak af hang van die kompleksiteit van die ekosisteem.Ontledings van ekosisteme op netwerk vlak kan insigte bied oor die robuustheid van hierdie ekosisteme in die aangesig van biodiversiteitverlies.Dus, die studie evalueer die effek van fragmentasie van natuurlike habitatte en inval van die indringer spesie, R. cuneifolius, op blom-besoekings netwerke van Suid-Afrikaanse grasvelde.Hierdie studie is uitgevoer in die KwaZulu-Natal Midlands binne 'n kommersiële hout plantasie en 'n naburige beskermde gebied (BG).Blom-besoeker waarnemings was in BGs en OGKs sonder R. cuneifolius, en in BGs en OGKs met R. cuneifolius uitgevoer.Ek het gevind dat OGKs binne kommersiële bosbouplantasies suksesvol is om die negatiewe uitwerking van land transformasie te verminder, en blom-besoeking netwerk patrone grootliks gehandhaaf word in hierdie habitat fragmente.Egter, binne OGKs, het R. cuneifolius die samestelling en die interaksie netwerk struktuur van blom-besoekers en plant gemeenskappe negatief geraak.Die feit dat OGKs ongeplant gelaat word, is positief vir die bewaring van biodiversiteit in Suid-Afrika.Navorsing dui aan dat hierdie gebiede suksesvol is om te help met die bewaring van biodiversiteit en ekosisteemfunksionering.As gevolg van die positiewe invloed van OGKs op bewaring in gefragmenteerde en omskepte landskappe, is dit krities dat hierdie areas ongeplant bly.Egter, die gevolge van steekdoring inval is meer intens binne OGKs as binne beskermde gebiede, en daarom moet dit 'n prioriteit wees om hierdie gebiede ongestoord te hou.R. cuneifolius se verwoestende uitwerking op ekosisteem funksie en netwerk struktuur was baie duidelik.Dit is ook 'n kategorie 1 indringerplant in Suid-Afrika, en sy verwydering word deur is die wet vereis.Daarom moet die verwydering van steekdoring 'n bestuursprioriteit wees.
Author: Simone Hansen
Language: English
Topic: Plant and animal studies
Domain: Life Sciences
SDG: Life on land
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2267972485
