Governing the strategic alignment of big data with the use of the COBIT 5 control framework
Year: 2015
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMINGDie vinnige toename in data, hetsy in 'n tradisioneel gestruktureerde of ongestruktureerde formaat, het gelei tot die ontstaan van ʼn nuwe tegnologiese tendens, naamlik 'big data'.Vir besighede om waarde te kry uit hul belegging moet 'big data' reg bestuur word.Een van die hoof bydraende faktore waarom besighede, wat reeds in hierdie tendens investeer het, nie waarde uit die belegging kan genereer nie, is wanbelyning tussen die besigheidstrategieë (besigheidsmodelle), die inligting wat die potensiaal het om waarde toe te voeg, d.w.s.die 'big data' (inligtingdrywers) en IT (data-modelle).Hierdie navorsing plaas fokus op strategiese belyning as IT bestuursdoelwit en ontwikkel ʼn gids vir beste praktyke om besighede wat in hierdie tendens belê het te help om die strategiese belyning te bestuur.ʼn Drie-stap metodologie is ontwikkel om die gids vir beste praktyke te bou.Die voordele van 'big data' is gebruik, as deel van stap 1 van die metodologie, om die besigheidsimperatiewe (wat op strategiese vlak selekteer is) te identifiseer.Stap 2 poog om die risiko's wat verband hou met 'big data' te identifiseer.Hierdie risiko's word dan herfraseer om strategiese risiko's te verteenwoordig.In stap 3 word 'n beter begrip verkry van COBIT 5, ʼn omvattende kontrole raamwerk, om daardie prosesse van COBIT 5 te identifiseer wat strategiese belyning ondersteun.Die gids vir beste praktyke word dan gebou deur die strategiese 'big data' risiko's (stap 2) te karteer teen daardie COBIT 5 prosesse wat strategiese belyning ondersteun (stap 3).Besighede wat investeer het in 'big data' en suksesvol wil wees in die bestuur van strategiese belyning, word aangeraai om hierdie COBIT 5 prosesse te implementeer om die risiko's van 'big data' aan te spreek op 'n strategiese vlak.
Author: Mareli Greyling
Language: English
Subfield: Management Information Systems
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2270120019
