Evaluation of the medicine procurement and supply management system in public hospitals in Lesotho
Year: 2014
Type: dissertation
Abstract: In a well-functioning medicine supply chain management system, procurement forms an integral part that needs to be closely monitored and integrated with other functions.Good procurement practices in the public health sector ensure that good quality efficacious medicines are distributed in the country in the right quantities and at reasonable costs.Pharmaceutical procurement is a major determinant of drug availability and total health costs.It is indicated that medicine expenditure represents the single largest expenditure after salaries and accounts for approximately 20 to 40% of the total healthcare budget, and up to 90% of household budgets in OPSOMMING Sleutelwoorde: Verkrygings-en aanbodkettingbestuur, noodsaaklike medisyne, kwantifisering, vooruitskatting, begrotings, verspreiding In ʼn goedfunksionerende medisyne-aanbodkettingbestuurstelsel, is verkryging ʼn integrale deel wat noukeurig gemonitor moet word en ook met ander funksies geïntegreer moet word.Goeie verkrygingpraktyke in die openbare gesondheidsektor verseker dat goeie gehalte doeltreffende medisyne in die land in die korrekte hoeveelhede en teen ʼn redelike koste versprei word.Farmaseutiese verkryging is ʼn belangrike bepaler van medisynebeskikbaarheid sowel as die totale koste van gesondheidsorg.Daar word aangetoon dat besteding op medisyne die grootste enkele besteding na salarisse is, en verteenwoordig ongeveer 20 tot 40% van die totale gesondheidsorgbegroting, en tot soveel as 90% van huishoudelike begrotings in die Sub-Sahara-streek (MSH, 2012:1).Verder is doeltreffende en effektiewe openbare sektorverkrygingstelsels uiters belangrik vir die bereiking van millennium-ontwikkelingsdoelwitte en die bevordering van volhoubare ontwikkeling (WHO, 2011:2).Die algemene doelstelling van die studie was om die huidige status van die verkryging en aanbodkettingbestuurstelsels in die openbare gesondheidsorghospitale in Lesotho te evalueer.Die studie het gepoog om die beleide, riglyne en praktyke wat medisyneverkryging in publieke hospitale in Lesotho rig, te verstaan, sowel as om die impak van verkrygingsaktiwiteite op die algehele bedryf en effektiwiteit van die gesondheidsorgdienste uit te stip.ʼn Beskrywende, deursnee-studie is uitgevoer, met ʼn fokus op alle vlakke van medisyneaankope en aanbodbestuurstelsels in alle openbare hospitale in Lesotho.Die studietydperk het oor nege maande gestrek, vanaf Januarie 2014 tot September 2014.Die studiebevolking het17 openbare gesondheidsorghospitale in die land en die sentrale mediese stoor (CMS) ingesluit.Die bevindinge het getoon dat al die hospitale wat bestudeer (n = 17) is, die funksies van seleksie, verkryging, kwantifisering, bestelling, voorraadbeheer, verspreiding, sowel as gebruik uitvoer.Hoewel noodsaaklik lys van medisyne (EML) en standaard behandeling riglyne (STGs) beskikbaar vir gebruik is, voldoen openbare hospitale nie aan die gebruik van EML en STG's vir medisyneaankope (n = 17) nie.Dus is verkryging nie beperk tot medisyne op die EML nie, dit is gebaseer op die intensiteit van gesondheidsorgdienste, en openbare hospitale vra dikwels medisyne aan wat nie op die EML voorkom nie, maar wat nodig is om die verskillende siektes en openbare gesondheidprioriteite in die onderskeie fasiliteite aan te spreek.v Volgens die Ministerie van Gesondheid behoort alle openbare fasiliteite medisyne vanaf die CMS verkry.Openbare hospitale gebruik hul toegekende fondse vir medisyne om vanaf die CMS te koop, wat op sy beurt medisyne namens die regering verkry en dit na die hospitale versprei soos per versoek, aangesien verkryging op ʼn sentrale vlak saamgevoeg word (MOH, 2011:62).Daar is egter waargeneem dat slegs die regeringfasiliteite (n = 11) medisyne vanaf die CMS verkry.Christelike gesondheid vereniging van Lesotho (CHAL) fasiliteite (n = 6) verkry ook medisyne vanaf ander plekke.Verder het CHAL-hospitale (n = 6) aangedui dat hulle nie ten volle gemandateer is om medisyne slegs vanaf CMS te verkry nie; hulle kan ook vanaf ander agentskappe verkry gebaseer op voorraadtekorte, prysverskille en die dringendheid om bepaalde medisynes te verkry.Die totale besteding op medisyne vir staatshospitale was 7 088 754.
Author: Matsepo Aniva Tema
Language: English
Subfield: Economics and Econometrics
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2277346821
