Die Messias het gekom! 'n Gids in die Evangelies vir toegewyde Bybel-studente, Tjaart Van der Walt : book review
Year: 2006
Type: article
Abstract: Hierdie boek het verskyn uit die pen van een van die mees begaafde en terselfdertyd nederigste akademici wat Suid-Afrika opgelewer het. Soos dit op die agterblad beskryf is, het Prof. Tjaart (soos baie mense na hom verwys) in 'n verskeidenheid kringe 'n invloed gehad: as Rektor van die Teologiese Skool op Potchefstroom, Rektor van die destydse PU vir CHO, President van die RGN, Voorsitter van Sanlam en ook Ambassadeur in Bophutatswana. Deur alles heen het hy egter die Nuwe-Testamentikus van formaat gebly wat dinge eenvoudig en bevatlik kon se. Hy het (soos hy dit self stel) teruggekeer na sy eerste liefde en dit is waarvan hierdie boek die resultaat is.
Source: In die Skriflig/In Luce Verbi
Author: G.A. Lotter
Language: Afrikaans
Subfield: Religious studies
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Open Access status: gold
Estimated APC paid: $715
OpenAlex ID: W2282098878
