Faktore wat die motiveringsvlakke van die grondslagfase-onderwysers in die Waterbergdistrik van die Limpopo Provinsie beinvloed
Year: 2013
Type: dissertation
Abstract: Gemotiveerde onderwysers speel 'n belangrike rol in suksesvolle onderrig en leer. Die doelwit van hierdie studie was om faktore te identifiseer wat 'n invloed uitoefen op onderwysermotivering. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp van individiduele onderhoud-voering met agt doelgerig geselekteerde deelnemers is gebruik ten einde antwoorde te kry op faktore wat „n invloed uitoefen op die motivering van grondslagfase-onderwysers. Die doelwitte van hierdie studie was ook om riglyne aan onderwysers te verskaf oor hoe om hulself te motiveer en aan skoolhoofde oor hoe om hul onderwysers te motiveer. \nDaar is bevind dat faktore wat 'n invloed uitoefen op die motivering van onderwysers verband hou met die spesifieke skoolomgewing, die finansiële vergoeding van onderwysers, die werksverhoudings met ander onderwysers, die invloed van ouers, die verhoudings met die skoolhoof en die gedrag van leerders. As belangrikste motiveringsfaktor geld die onderwyser se eie lewensingesteldheid wat of op 'n positiewe of negatiewe lewensuitkyk gesentreer kan wees.
Author: Christelle Viljoen
Institution: University of South Africa
Language: Afrikaans
Subfield: Education
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2282870209
