Koos Prinsloo - postmodernis en queer skrywer? Aantekeninge by Koos Prinsloo, Gerrit Olivier : resensie
Year: 2009
Type: book-review
Abstract: Koos Prinsloo het in 1982 gedebuteer met die bundel Jonkmanskas en nou, 26 jaar later, verskyn Gerrit Olivier se aantekeninge oor sy werk. Nie net tree Olivier krities in gesprek met bestaande studies oor Prinsloo se werk, soos byvoorbeeld die van Riana Scheepers, nie, maar hy verwys ook uitgebreid na bestaande artikels oor Prinsloo se werk en resensies wat oor sy viertal kortverhaalbundels geskryf is. Die teks word ook voorsien van uitgebreide voetnote en 'n omvattende bibliografie vir diegene wat verder navorsing wil doen oor Prinsloo se werk - wat, myns insiens, nie meer so dikwels gelees word soos destyds die geval was nie.
Source: Literator
Author: Marius Crous
Language: Afrikaans
Subfield: Literature and Literary Theory
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Keywords: postmodernism, queer literature
Open Access status: gold
Estimated APC paid: $749
OpenAlex ID: W2284101545
