Getransformeer : van jeugverhaal tot dramateks
Year: 2003
Type: dissertation
Abstract: INLEIDING In Hoofstuk 3 is die Afrikaanse jeugroman Vlerkdans en die gelyknamige dramateks ontleed .Die ontledings is gedoen aan die hand van die verhaal-en dramateoriee wat in Hoofstuk 2 behandel is.Die hoofdoelwit van Hoofstuk 4 is om die Nederlandse jeugverhaal Kus me en sy dramateks op dieselfde wyse en met dieselfde teoretiese vertrekpunte te ontleed en te deurgrond.Daar word in hierdie hoofstuk ondersoek ingestel na die aard en inhoud van Kus me as prosateks en as dramateks.Die doelwitte van hierdie hoofstuk stem struktureel ooreen met die van die vorige hoofstuk: om twee tekste-verteenwoordigend van die twee genres-so goed as moontlik te deurgrond, sodat die resultate daarvan in die volgende hoofstuk as konstantes en variante uiteengesit kan word.Hierdie hoofstuk gee dus vanuit die Nederlandse jeugliteratuur 'n blik op moontlikhede vir die transformasie van 'n prosateks tot 'n dramateks.Kus me en Vlerkdans toon ooreenkomste met mekaar, maar verskil ook van mekaar betreffende sekere aspekte.Albei verhale handel oor vriendskappe en verhoudings.Dit handel ook oor geheime.In Vlerkdans sou Anton eerder wou swyg oor sy siekte (Vigs), omdat daar 'n stigma aan kleef, en in Kus me wil Carrie haar broer se verstandelike gestremdheid geheim hou.Albei verhale is jeugverhale wat oor adolessente handel en vir adolessente geskryf is en albei hanteer kwessies wat spesifiek op adolessente 'n groat invloed uitoefen.Enkele verskille tussen Kus me en Vlerkdans is die volgende: eersgenoemde boek is 'n novelle, teenoor Vlerkdans wat 'n roman is.Daar is minder karakters in die verhaal en die gebeure speer hoofsaaklik in een sentrale ruimte af.Die tydsverloop van Kus me verskil ook in 'n groot mate van die van Vlerkdans, omdat die totale tydsverloop in Kus me slegs 'n paar uur duur.AI die gebeure speer op een laatmiddag en vroegaand in 'n somer af.Met hierdie verskille in gedagte, is dit verstaanbaar dat daar heelwat variante kan opduik in die uiteindelike vergelyking tussen die prosatekste en die dramatekste. KUS ME-'N OPSOMMINGKus me is die verhaal van vier vriende wat 'n geheimespel 1 met mekaar speel.Elkeen moet een geheim met 'n ander deel.Die spel word so gespeel dat twee vriende 'n geheim deel.Later ruil hulle om en dan word 'n ander geheim met iemand anders gedeel.Op hierdie manier kry elkeen 'n geheim en elkeen gee een prys .Een van die karakters, die Valse Blonde, speel nie volgens die reels nie.Sy dee! dieselfde geheim met al drie die ander.Dit beteken dat sy een geheim verloor in ruil vir twee/drie geheime.Slegs een van die karakters, Bernd Wijting, is bewus daarvan, maar swyg daaroor en bewaar op die manier n6g een van die Valse Blonde se geheime.Sy het ook 'n ander, grater geheim: haar broer woon in 'n tehuis vir verstandelik gestremdes anderkant die meer.Die hoofkarakter, Lena Saroma, is baie negatief teenoor Carrie, omdat sy van mening is dat Carrie hulle alma!, vera! vir haar, vir die gek hou.Na aanleiding van die geheim wat Carrie vir Lena wi l wys, is Lena verplig om met inspanning teen 'n steil heuweltjie op te klim .Die blondine, daarenteen, doen dit met die grootste gemak.Wanneer hulle bo kom , is daar geen geheim nie en dit veroorsaak dat Lena se negatiewe gevoel teenoor Carrie net sterker word.Wanneer Lena vir Jann ontmoet, is sy onbewus daarvan dat hy Carrie se broer is en stem sy in om saam met hom te gaan roei toe hy haar nooi.Lena raak bewus daarvan dat Jann abnormaal is.Carrie kom op hulle af en sy is woedend.Sy dwing Lena om uit die bootjie te klim en vir Jann om terug te gaan na die ander kant van die meer en na die Tehuis 2 .Sy moet haar grootste geheim bekend maak toe sy genoodsaak is om haar optrede te verklaar.Die gedeelde geheim tussen Lena en Carrie veroorsaak dat hulle hul probleme oplos en hulle word vriendinne.Lena moet die geheim bewaar, omdat dit die spelreels is.AI drie die karakters weet nou dat Carrie 'n broer het.Hulle is steeds nie bewus daarvan dat die pornografietydskrif, wat Lena ontdek het, Jann s'n is nie.Wanneer Carrie dit aan Lena vertel, vergewe Lena haar dadelik.Sy begryp dat dit vir Carrie makliker was om iemand anders se geheim te deel as om haar eie geheim met die ander te moes deel.Hulle leer van geheimhouding, mense se feilbaarheid en om te vergewe.Hulle leer ook die waarde van vergifnis en dat die waarheid werklike vertroue skep en respek kweek. VERHAALANALISEIn hierdie gedeelte gaan die verhaalanalise van die prosateks Kus me onderneem word.Daar word na dieselfde aspekte ondersoek ingestel as in Hoofstuk 3 met die verhaalanalise van Vlerkdans.4.3.1 Verteltegniek In Kus me is 'n eksterne verteller aan die woord .Dit het 'n objektiewe vertelling tot gevolg waarin die Ieser al die karakters en hulle omstandighede goed leer ken.Die eksterne 103 fokalisasie wissel tussen die verskillende karakters in die verhaal.Die fokalisasie word merendeels deur Lena gedoen, maar ander karakters, veral Wijting, tree ook as fokalisators op.'n Aspek wat deel vorm van die verteltegniek, is die taalgebruik.Die implisiete auteur gebruik beeldspraak en stylfigure om die betekenis van die tema aan die implisiete Ieser oor te dra.Voorbeelde hiervan in die teks is simboliek, ironie, dubbelsinnigheid, humor, vergelykings en metafore.(Vergelyk 4.3.5 en 4.3.6.)4.3.1.1Vertelinstansie Die verteller is nie 'n karakter in die verhaal nie, maar is 'n eksterne verteller.Hierdie eksterne instansie vertel 'n verhaal waarin Lena en Carrie die hoofrolle vertolk.AI die karakters se lewens is met mekaar s'n verweef, veral vanwee die geheimespel.4.3.1.1.1Eksterne verteller In Kus me is daar deurgaans 'n eksterne verteller aan die woord.Alhoewel die storie oor Lena en Carrie gaan, integreer die verteller die ander karakters se stories om aan Lena en Carrie se storie substansie te gee.Die verhaal word deur 'n verteller (die sogenaamde alwetende verteller) vertel wat al die karakters volledig ken, insig het in al die karakters en die gebeure objektief vertel.4.3.1.1.2Situering van die verteller Die verhaal word deurgaans in die verlede tyd vertel, soos wat die gebruik van die imperfektum aandui: ... Ze keek om naar het land achter Lena's rug, en grijnsde toen ze naar beneden keek, dieper de helling af, waar Lena was."Volhouden!" riep ze met haar hand aan haar mond.(p. 5. 3 ) 4.3.1.2Fokalisasie Die fokalisasie in Kus me is hoofsaaklik ekstern, maar daar kom ook heelwat fokalisasiewisseling voor.Hierdie wisseling is soms intern, byvoorbeeld wanneer 'n karakter soos Lena se gedagtes van binne-uit voorgestel word , en in aile gevalle van dialoog tussen karakters.Die oorwegende fokalisasie is die van Lena, maar Wijting tree ook dikwels as fokalisator op.Lena se persepsie van die omgewing en die gevoel wat dit in haar teweegbring, blyk duidelik: 104 Lena vloekte binnensmonds en verwenste de middag.Vandaag was de sfeer verkeerd , de hele dag al ... Ze hield de wereld tegen aan een graspol en hees zich zuchtend overeind.(p.6.) Die woorde "Ze hield de wereld tegen aan een graspol" dui daarop dat sy nie deel voel van hierdie verkeerd-om wereld nie: dat dit voel asof sy die wereld vashou en nie 6p die wereld staan nie.Sy verwys telkens na hierdie omgekeerde gevoel: "Vandaag draaide de aarde de andere kant op, en langzamer dan gewoonlijk."(p.10.) Wanneer haar en Carrie se probleme opgelos is, voel sy of alles weer na normaal terugkeer: "De tijd was voorgoed teruggedraaid .De wereld deed weer gewoon." (p.79.) Alhoewel die vertelinstansie intern is, word die fokalisasie in die verhaal hoofsaaklik deur Lena gedoen.Omdat 'n bepaalde karakter (Lena) fo kaliseer, voel die Ieser ook meer begrip vir ander karakters .In hierdie geval neem Lena iets waar van Wijting wat bydra tot sy karakterisering.Die Valse Blonde het haar bygedam en Wijting kom tot Lena se redding; vergelyk onder andere die gekursiveerde woorde: Lena sloeg hpar handen voor haar mond.Ze geloofde haar ogen niet.Achter de Blonde aan liep Wijting Wijting .Kleine, spichtige 4 Wijting, die weinig durfde en weinig zei, maar nu schreeuwde ... (p.21; kursivering: JJDB.)Die Ieser leer ook vir Carrie beter ken, omdat Lena op 'n bepaalde tydstip op haar fokus, sodat kenmerke in haar persoonlikheid uitgelig word.Dit is veral opvallend aan die begin van die verhaal wanneer Lena agter Carrie aanklim om bo by die paaltjie uit te kom: "De Valse Blonde bleef staan . . .en maakte haar rug recht.Misschien was ze het klimmen moe.Misschien wou ze zien hoe hoog ze al stond."(p.5.) Op dieselfde wyse word daar ook op Marit gefokus.Wanneer Marit op 'n volwasse manier probeer om die vrede tussen Lena en Carrie te bewaar deur die spelreels te verduidelik, dink Lena: "Een poppenmoeder van veertien."(p.13.) Wijting is ook 'n fokalisator.Hy is 'n objektiewer fokalisator, omdat hy nie werklik betrokke is by die gebeure wat tussen Lena en Carrie afspeel nie.Hulle is almal goeie vriende, maar Wijting word nie so geraak deur die leuens wat Carrie se spel kenmerk nie.Wanneer hy Lena daarvan vertel, kom dit voor asof hy vanaf 'n afstand kyk na die gebeure.Deur sy fokalisasie op gebeure kry die Ieser ook 'n ander persepsie van Carrie: dat sy wreed en 'n lafaard is.Wreed, omdat hy vertel van haar genadelose eksperimente met die paddas, en 'n lafaard , omdat sy die bestaan van haar broer verswyg het.105 Lena probeer uitvind wat die geheim is wat Carrie onder die wit paaltjie versteek het en word deur Wijting 5 betrap.Alhoewel sy se dat hy kon bly, besef hy dat sy wil he hy moet eerder weggaan: "Natuurlijk wil je dat ik wegga.Je wilt zo graag weten wat de Blonde te verbergen heeft.Maar met mij erbij kun je niet gaan zoeken.Denk je." (p.27.) Die fokalisator se oogpunt plaas die klem op gebeure wat belangrik is vir die ontwikkeling van die verhaal.Spesifieke gebeure of insidente en karakters dra grater klem, omdat daarop gefokus word en die Ieser so lei om die tema van die verhaal te begryp.4.3.2Karakterbeelding Soos in die vorige hoofstuk word die ontwikkelingpsigologie ge"lntegreer in die analise en int
Authors: De Beer, Judith Jacoba
Language: Dutch
Subfield: Literature and Literary Theory
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2289401704
