Die Britse vloot aan die Kaap, 1795-1803
Year: 1969
Type: dissertation
Abstract: Op 1 Mei 1967 kon die Suid-Afrikaanse vloot sy een-entwintigste verjaardag vier.. Bloedjonk dus, as weermagsdeel; maar eweneens belangrik -as integrale deel van ons land se• Weermag ~n as tydelike tuiste jaarliks van honderde dienspligtige jong Suid-Afrikaners .. ' Honderd twee-en-sewentig jaar tevore -op 11 Junie 1795het 1 n eskader van die Britse vloot sy verskyning in Simonsbaai gemaako Dit was die begin van 'n vlootverbintenis-tussen Brittanje en die latere Suid-Afrika wat, met 'n onderbreking van net drie .jaar( 1803-6), tot 1957 besonder heg sou wees_ en wat selfs sedert die oorname van Simonstad nog steeds bly voortbestaan danksy die sg. Simonstad-ooreenkoms. _ In hierdie verha:i:ldeli_ng word die eerste agt jaar van die Britse vloot se verblyf aan die Kaap -die beginjare van hierdie 11 verbintenis" -van naderby beskou. Gelukkig was daar, behalwe die argivale bronne, ook heelwat eietydse gepubliseerde werke beskikbaar. Laasgenoemdes, tesame met lady Anne Barnard se uitvoerige briefwisseling, het my laat besluit om my nie net tot die militere aspek te beperk niej maar om die Vloot ook as deel van die samelewing te beskryf o Vir die breer politieke agtergrond was L .. C.Fo Turner se artikel : 0 The Cape of Good Hope and the Anglo-French conflict, 1797 -1806 11 , asook sy MA-verhandeling : "The Cape of• Good Hope and the Trafalgar Campaignn, albei nuttige bronne. Aan prof.E~ Axelson, onder wie'se leiding hierdie werk gelewer is, my opregte dank vir sy waardevolle hulp en hoog gewaardeerde vriendskap. Ook aan die behulpsame amptenare van die Kaapse Argief en die Suid-Afrikaanse Biblioteek, Kaapstad, asmede mnr.H~C~Willis, ywerige onder-voorsitter van die Simonstadse Geskiedenisvereniging, se ek : baie dankie~
Authors: De Villiers, Charl Jean
Institution: University of Cape Town
Language: Afrikaans
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Keyword: Royal Navy
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2305585448
