Work

Optimised bacterial production and characterisation of natural antimicrobial peptides with potential application in agriculture

Year: 2016
Type: dissertation
Abstract: Die gebruik van chemiese beheermiddels in landbou om mikrobiese bederf te beheer is onder druk deur toenemende mikrobiese weerstand en regulering van biosiedes ten gunste van dié met 'n laer intrinsieke toksisiteit en omgewingsimpak.Dit het die soektog na alternatiewe biosiede met 'n verminderde omgewingsimpak, naamlik die sogenaamde groen biosiede met alternatiewe werkingsmeganismes , as konvensionele chemiese biosiede, aangehelp om spesifiek om die tendens van toenemende weerstand te stuit.Die antimikrobiese peptiede wat die fokus is hierdie studie kan 'n potensiële oplossing bied.Die tirosidiene en hul analoë is 'n groep sikloddekapeptiede [cyclo(D-Phe 1 -L-Pro 2 -L-(Phe 3 /Trp 3 )-D-(Phe 4 /Trp 4 )-L-Asn 5 -L-Gln 6 -L-(Tyr 7 /Phe 7 /Trp 7 )-L-Val 8 -L-Orn 9 -L-Leu 10 ] wat vervaardig word deur die grondbakterium Bacillus aneurinolyticus.Hierdie siklodekapeptiede het 'n kragtige antimikrobiese aktiwiteit teenoor 'n wye verskeidenheid van patogene wat 'n invloed het in die landbousektor het, spesifiek Gram-positiewe bakterieë en swamme.Benewens 'n vinnige litiese membraan aktiwiteit, het hulle alternatiewe sellulêre teikens wat die moontlikheid van weerstand verminder.Verhoogde antimikrobiese aktiwiteit teenoor spesifieke teikens deur die analoë met verskillende primêre strukture is hoofsaaklik te wyte aan variasie in aromatiese aminosuur identiteite van residue 3, 4 en 7 in die siklodekapeptiedes.Die eerste doel van die studie was om die optimale kondisies te vind vir grootskaalse produksie van teiken-spesifieke subgroepe van hierdie siklodekapeptiede wat hul benutting as groen biosiede in die landboubedryf moontlik kon maak.Die byvoeging van 'n gedefinieerde ratio van Phe/Trp in die groei media verskuif die siklodekapeptiede produksieprofiel na gedefinieerde subgroepe van verskillende analoë, soos gedefinieer deur die veranderinge in aromatiese aminosure in residu-posisies 3, 4 en 7. Verhoogde natuurlike siklodekapeptiedproduksie van groter as een gram per liter in fles kulture kon bereik word.Suiwering van kultuurekstrakte, hetsy deur manipulasie van die siklodekapeptied oplosbaarheid of deur middel van kolomchromatografie, het ʼn ekstrak suiwerheid van >75% peptiedkompleks gelewer vir aanwending in die landbousektor.Verdere suiwering via hoë doeltreffrendheid vloeistofchromatofrafie het enkel peptiede met >90% suiwerheid gelewer.Die produksie-en suiweringmetodes was ideaal vir toekomstige opskallering Die ondersoek van ses verteenwoordigende peptiede, uit die verskillende subgroepe wat met verskillende Phe/Trp media aanvullings geproduseer is, het 'n verband tussen verhoogde hidrofobisiteit en die neiging om dimeriese strukture, die voorgestelde membraanaktiewe eenhede, onthul.Die verhoogde vorming van hoër orde dimeriese strukture was egter afhanklik van
Language: English
Subfield: Microbiology
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2337418140
Cites: 241
Cited by: 4
Related to: 10