Work

The perceptions and experiences of land relocation in the Bukalo area

Year: 2016
Type: dissertation
Abstract: Die ongelykheid in grondbesit in die land Namibië voor die aanvang van sy onafhanklikheid waar die Blanke minderheid 'n groter deel van die land besit het in vergelyking met die Swart meerderheid, het daartoe gelei dat die regering die leiding geneem het in grondverdeling om die Swart bevolking die reg te gee om grond te kan besit.Dit is nietemin belangrik om aan te dui dat grondherverdeling in Namibië teen 'n slakkepas selfs na 24 jaar van onafhanklikheid geskied.Grondwanbalanse wat deur versetpolitiek veroorsaak is, het daartoe gelei dat die grondloses en onteiende burgers van Namibië hulle onder die magsbeheer van kragtige strukture bevind het.Daar was 'n gebrek aan onafhanklike grondassesserings-en 'n moniteringsprogram, asook 'n databasis om hervestiging te assesseer.Na onafhanklikheid in 1990 het die regering van Namibië belowe om grond oor te dra aan die grondloses wat deel was van die Grondwet en dit het aangedui dat sulke grond nooit van die grondeienaars sonder vergoeding geneem sal word nie.Nasionale vergoedingsriglyne vir gemeenskaplike grond was dus neergelê om gedurende die hervestigingsproses te geld.Die verantwoordelikheid van grondtoekenning berus by die tradisionele owerhede in Namibië.Die studie fokus op die persepsies en ervaringe van grondhervestiging in die Bukalo-gebied.Die studie het ten doel om uit te vind of die mense van Bukalo tevrede is met die vergoeding wat hulle vir hulle eiendomme ontvang het toe hulle hervestig is en of hulle met die hervestigingsproses tevrede is.Vir die doel van hierdie studie is dit gehipotiseer dat: H1 = die meerderheid die regering se vergoeding vir grondhervestiging as onbillik ervaar het, H2 = die meerderheid nie uit die gebied wou trek nie en H3 = die meerderheid nie die hervestiging as bevorderlik gesien het nie.Die doelwitte van die studie is om die literatuur oor grondhervestiging te ondersoek en om die persepsies van grondhervestiging van die mense in die Bukalogebied te evalueer, m.a.w.om te openbaar hoedat die lotgevalle aangepas het by die hervestiging, om die suksesse en tekortkominge van grondhervestiging in die Bukalogebied te verstaan, om maniere uit te vind om die ongerymdhede te korrigeer sodat hervestiging in die toekoms vermy kan word en om die basis vir beleidsformulering m.b.t.toekomstige hervestiging te skep.
Language: English
Subfield: Soil Science
Open Access status: green
Funder: Strong
OpenAlex ID: W2392835300
Cites: 14
Cited by:
Related to: 10