Professional career success and implications for life skills education
Year: 2003
Type: article
Abstract: Hierdie artikel lewer verslag oor die faktore rakende beroepsukses en hul verband met opvoeding met die oog op lewensvaardighede. 'n Literatuurstudie ondersoek definisies oor lewensvaardighede en lewensvaardighede-opvoeding, met spesifieke verwysing na Kurrikulum 2005 en die leerarea, Lewensorientering. Voorts word professionele sukses en faktore wat die bereiking van sukses in die openbare en private sektore bepaal, bespreek. 'n Kwalitatiewe ondersoek, gegrond op deels-gestruktureerde onderhoude, met twaalf deelnemers, lewer beskrywende data op. Die deelnemers is gekies volgens doelgerigte steekproeftrekking. Sleutelbevindige raak lewensvaardighede, ontwikkel binne gesins-, gemeenskaps- en skoolverbande; lewensvaardighede noodsaaklik vir sukses in die werkplek; lewensvaardighede en die gesin; die vermoe om teenstand te hanteer en vaardighede om lewenslange leergerigtheid voort te sit. Aanbevelinge op grond van hierdie bevindige, word aan opvoeders gedoen.
Authors: S.L. De Villiers, Eleanor Lemmer
Language: English
Topic: Social Skills and Education
Subfield: Education
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
Open Access status: diamond
OpenAlex ID: W2528558451
