Work

Aspekte van regsbeheer in die konteks van die Internet

Year: 2016
Type: dissertation
Abstract: Die wêreld soos dit vandag bestaan, is gebaseer op die Internasionaalregtelike \nkonsep van soewereiniteit. State het die bevoegdheid om hulle eie sake \nte reël, maar die ontwikkeling van die Internet as ’n netwerk wat globaal \nverspreid is, het hierdie beginsel verontagsaam. Dit wou voorkom asof die \nInternet die einde van soewereiniteit en staatskap sou beteken. \n’n Geskiedkundige oorsig toon dat reguleerders aanvanklik onseker was \noor hoe hierdie nuwe medium hanteer moes word. Dit het geblyk dat nuwe \ntegnologieë wat fragmentasie van die Internet bewerkstellig, gebruik kon \nword om staatsgebonde regsreëls af te dwing. Verskeie state van die wêreld \nhet uiteenlopende metodologieë gevolg om die Internet op staatsvlak te \nprobeer reguleer, en dit het tot die lukraak-wyse waarop die Internet tans \ngereguleer word, aanleiding gegee. \nHierdie studie bespreek verskeie aspekte van regsbeheer in die konteks \nvan die Internet, en bepaal daardeur hoe die Internet tans gereguleer word. \nToepaslike wetgewing van verskeie state word regdeur die studie bespreek. \nVier prominente state, wat verskeie belangrike ingrepe ten aansien van \nInternetregulering gemaak het, word verder uitgelig. Dit is die Verenigde \nState van Amerika, die Volksrepubliek van Sjina, die Europese Unie as \nverteenwoordiger van Europese state, en Suid-Afrika. Aspekte wat op \nInternasionaalregtelike vlak aangespreek moet word, soos internasionale \norganisasies en internasionale regsteorieë ten aansien van die regulering \nvan die Internet, word ook onder die loep geneem. \nDie bevindings wat uit die studie volg, word gebruik om verskeie \naanbevelings te maak, en die aanbevelings word uiteindelik in ’n nuwe \nmodel saamgevoegom’n sinvoller wyse van regulering van die Internet voor \nte stel. \nAangesien die huidige studie in die konteks van die Internasionale \nreg onderneem word, word die studie afgesluit met ’n bespreking van \nkubersoewereiniteit, wat ’n uiteensetting is van hoe soewereiniteit ten \naansien van die Internet toegepas behoort te word. Die gevolgtrekking is \ninsiggewend — die ontwikkeling van die Internet het nie die einde van \nsoewereiniteit beteken nie, maar het dit juis bevestig.
Language: German
Subfield: Law
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2578898847
Cites: 66
Cited by: 1
Related to: 10