Coupling kinetic models and advection-diffusion equations to model vascular transport in plants, applied to sucrose accumulation in sugarcane
Year: 2009
Type: dissertation
Abstract: OpsommingBenewens sy strukturele belang, is die suikerrietstingel ook die primêre bergingsorgaan vir koolhidrate.Die oorgrote meerderheid van hierdie koolhidrate word as sukrose opgeberg.Studies tot dusver het die metabolisme rondom sukroseberging in die parenchiem van die onderskeie stingellitte as stelsels gewone differensiaalvergelykings gemodelleer.Die resultate is ondermeer met metaboliese kontrole-analise geanaliseer.Hierdie studie brei uit op die oorspronklike modelle, deur gebruik te maak van 'n stromings-diffusie-reaksie-raamwerk.Parsiële differensiaalvergelykings is geformuleer om die metabolisme van sukrose te koppel aan die vloei in die floëem.Gestel N is 'n stoichiometriese matriks, v 'n vektor van reaksiesnelhede, s 'n vektor van spesie-konsentrasies en ∇ die differensiaalvektoroperator.Beskou 'n netwerk van gekoppelde reaksies waar die onderskeie spesies stroom met snelhede U, of diffundeer met koëffisiënte D, of onderhewig is aan beide prosesse.Dit word voorgestel dat die dinamiese stelsel,gebruik kan word vir 'n kinetiese model waar spesies in verskeie kompartemente kan voorkom en vervoer kan word oor lang afstande saam met 'n vloeier, of kan deelneem aan chemiese reaksies, of albei.Darcy se wet word gebruik om die vloeier te modeller en maak dit moontlik om 'n eenvoudige, fenomenologiese benadering toe te pas op floëem-vervoer.Eweneens word generiese, omkeerbare Hill-vergelykings gebruik om biochemiese reaksiesnelhede te modelleer.Hierdie vergelykings is ook fenomenologies van aard en beskik oor parameters met 'n duidelike fisiese betekenis.Hierdie omvattende raamwerk is ondermeer gedemonstreer met behulp van numeriese oplossings van twee vereenvoudigde modelle as voorbeelde.Die eerste model het bestaan uit 'n lineêre reaksienetwerk en is gebruik om die geometrie van die stelsel te bestudeer.Alhoewel hierdie 'n eenvoudige model is, kon dit die toename in fotosintese as gevolg van 'n verandering in metaboliese aanvraag verklaar.Die tweede model het uitgebrei op die reaksieskema van die eerste, terwyl dieselfde stelselgeometrie behou is.Hierdie skema is ontwerp as 'n abstrakte weergawe van sukrosemetabolisme.Ten slotte is 'n realistiese model van sukrosevervoer, iii iv metabolisme en berging ontwikkel wat agt stingellitte en vier kompartemente omvat.Die meeste parameters en konsentrasies van biochemiese spesies wat as aanvanklike waardes in die model gebruik is, is direk vanaf eksperimentele metings verkry.Die Fourier Amplitude Sensitiwiteits-Toets (FAST) is gebruik om die modelle te analiseer.FAST maak dit moontlik om die bydrae van parameters tot variasie in modeluitsette soos reaksiesnelhede en die konsentrasies van chemiese spesies te bepaal.Die model het voorspel dat sintese en afbraak van sukrose in 'n futiele siklus, asook transmembraan sukrosevervoer, die belangrikste faktore is wat sukrose-berging beïnvloed.Die model het ook getoon dat sukrose saam met 'n konsentrasiegradiënt beweeg vanaf die blare tot by die stingelparenchiem-sitoplasma, van waar dit teen 'n konsentrasiegradiënt na die vogselholte (vakuool) vervoer word.Volgens die realistiese model was daar 'n netto toename in die totale hoeveelheid koolhidrate, ten spyte van 'n toename in die futile siklus van sukrose in die ouer stingellitte.Die model wat in hierdie proefskrif voorgestel word verskaf 'n uitgebreide, omvattende beskrywing van sukroseberging.Voorts stel dit 'n rigiede kwantitatiewe raamwerk daar vir toekomstige modellering en eksperimentele ontwerp.
Author: Lafras Uys
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Plant Science
Domain: Life Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W258477277
