Year: 2016
Type: dissertation
Abstract: Daar is vele bewyse dat mediese studente se empatie met hul pasiënte en geneentheid tot pasiënt-gesentreerdheid afneem vandat hulle met hul mediese onderrig begin totdat hulle dit voltooi.Pasiënt-gesentreerdheid, ʼn benadering wat die pasiënt in die middelpunt van die konsultasie plaas en op die pasiënt fokus in plaas van op sy/haar siekte, word deesdae deur die meeste mediese skole ter wêreld geïdentifiseer as ʼn gewenste kernvaardigheid van hul graduandi.Dit is dus baie belangrik dat mediese skole pasiënt-gesentreerde waardes en gedrag in hul graduandi koester.Daar blyk egter nog steeds ʼn fokus te wees op die biomediese aspekte van pasiënte in die voorgraadse mediese kurrikula se leer-en onderrigpraktyke en teorie en dit het tot gevolg dat studente geneig is om sinies te raak en op die siektes van 'n pasiënt te konsentreer, eerder as op ʼn volwaardige mens.Die verwagting dat dokters pasiënt-gesentreerd moet wees, het veroorsaak dat mediese kurrikula regoor die wêreld aandag begin gee het aan aspekte soos opleiding in kommunikasievaardighede, die insluiting van vakke van die humaniora, en plasings in longitudinale kliniese rotasies.Relevante literatuur dui aan dat, ten spyte van sekere van hierdie inisiatiewe, daar steeds ʼn tekort is aan pasiënt-gesentreerdheid in voorgraadse mediese studente teen die tyd wat hul gradueer.Hierdie situasie is kommerwekkend; daarom was dit belangrik om uit te vind wat die faktore is wat die leer en onderrig van pasiëntgesentreerdheid in voorgraadse kurrikula aanhelp of inhibeer.Die studie was dus daarop gemik om beter te verstaan wat die faktore is wat die leer en onderrig van voorgraadse mediese studente beïnvloed wat betref pasiënt-gesentreerdheid in ten minste een voorgraadse mediese studieprogram.ʼn Eksploratiewe programmatiese gevallestudie-ontwerp, gegrond in ʼn interpretatiewe kennisparadigma, is aanvaar as die toepaslikste vir die studie waaraan finalejaar mediese studente en hul dosente deelgeneem het.Observasies van kliniese leeraktiwiteite is gedoen tesame met die analise van die kurrikulumdokumente van die voorgraadse mediese (MB,ChB) program van die Universiteit Stellenbosch.Temas van betekenis is afgelei van die data deurdat komponente van Fishbein se Geïntegreerde Gedragsmodel (IM) gebruik is.Die bevindinge van die studie het aangetoon dat die volgende faktore ʼn rol speel in die studente se leer van pasiënt-gesentreerdheid: agtergrond-eienskappe van studente en hul dosente,
Author: Elize Archer
Language: English
Subfield: Psychiatry and Mental health
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2590292980
