Work

A phenotypic and genotypic characterisation of strain types, virulence factors and agr groups of colonising Staphylococcus aureus associated with bloodstream infection

Year: 2015
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Verskeie studies wat die molekulêre eienskappe van Staphylococcus aureus ondersoek, is al wêreldwyd uitgevoer, maar in Suid-Afrika het die meeste gefokus op Methicillinweerstandige S. aureus (MRSA).Hierdie studie ondersoek die fenotipiese en genotipiese eienskappe van bloed en nasale S. aureus isolate van pasiënte wat by Tygerberg-hospitaal opgeneem is.Ondersoeke sluit in die bepaling van die verwantskap tussen bloed en nasale isolate, die beskrywing van die molekulêre epidemiologie van die bevolking, die bepaling van die teenwoordigheid van verskeie virulensiefaktorgene tussen die verskillende klone; en die beskrywing van die "accessory gene regulator" (agr) funksie van S. aureus klone."Pulsed-Field Gel Electrophoresis" (PFGE), wat op 208 bloed en nasale isolate (afkomstig van 162 pasiënte met S. aureus bacteriemie) uitgevoer is, toon dat 93 (57.4%) van die pasiënte gekoloniseer is met dieselfde stam tipe (p = 0.061).MRSA vertoon 'n betekenisvolle verwantskap met endogeniese bakteremie (dieselfde stam teenwoordig in bloed en nasale isolate) (p = 0.042).Molekulêre tipering van die 208 bloed en nasale isolate (43.3% MRSA) het getoon dat die meerderheid van die stamme deel van ST239-T37-agr I (25.5%) is en uit SCCmec tipe III en 'n potensiële nuwe tipe (ccrC/KlasA mec) bestaan.ST612-MRSA-IV was die tweede mees oorheersende kloon (10.2%).Ander MRSA klone het ST5-t045 ingesluit, wat 'n potensiële nuwe variant van SCCmec tipe I (bestaande uit ccrA1B1 en 'n ccrC / Klas B mec); en ST461-MRSA-IV wat vir die eerste keer in Suid-Afrika gevind is.Al 18 (8.7%)PVL-positiewe isolate was MSSA behalwe een isolaat (ST612-MRSA-IV).Die identifisering van nuwe Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za v MRSA klone (ST641-MRSA-IV), MSSA STs (ST2122, ST2126), en die potensiële nuwe SCCmec tipes reflekteer die plaaslike ontstaan van hierdie nuwe klone.Een-en-twintig isolate wat voorheen beskryf is deur "Multi-locus Sequence Typing" (MLST) is bestudeer vir die teenwoordigheid van 38 virulensiefaktor gene.'n Assosiasie tussen verskillende "enterotoxin gene cluster" (EGC) geen kombinasies en CC5, CC22, CC30 en CC45 is gevind.Beide CC15 en CC97 was negatief vir die "Superantigen" (SAg) gene.Die "intracellular adhesion locus A" (icaA) geen was algemeen (90.4%) en in al die CCe waargeneem (behalwe CC30).Die "enterotoxin I" (sei) geen was aansienlik meer teenwoordig in MRSA isolate (77.8% in MRSA; 25,0 % MSSA; p = 0.03)."Accessory gene regulator" disfunksie was aansienlik hoër in die MRSA groep (in vergelyking met die MSSA groep) en was geassosieer met ST36-MRSA-II, ST239-MRSA-III en ST239-MRSA-ccrC/Klas A mec. Die verskuiwing van agr funksionaliteit tussen isolate afkomstig van die bloed of neus was skaars.Hoof bevindinge in hierdie studie hou verband met die moontlike ontstaan van bevolkings (nuwe STs en potensiële nuwe SCCmec tipes) by Tygerberghospitaal.Die identifisering van 'n sirkuleerende kloon in die brandwonde-eenheid illustreer die potensiaal van organismes om te versprei in die hospitaal, asook die waarde van molekulêre tipering vir infeksiebeheer doeleindes.Die verband tussen die verskillende agr tipes, agr funksionalitiet en die virulensiefaktore met tiperingsdata toon soortgelyke resultate as die literatuur, asook 'n paar buitengewone resultate.Die kliniese belang van hierdie assosiasies moet in die toekoms verder ondersoek word.
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2593325844
Cites: 190
Cited by: 2
Related to: 9