Year: 2017
Type: dissertation
Abstract: Die hipoteses van die metingsmodel en strukturele model is empiries deur middel van verskeie statistiese metodes getoets.Die toetsing van die modelle het in twee fases plaasgevind.Tydens die eerste fase het die PLS item-en eksploratiewe faktorontledings ondergaan om die betroubaarheid en faktorstruktuur van die PLS te toets.Die betroubaarheidsontleding het getoon dat al die subskale (dimensies) van die PLS hoë betroubaarheid toon.Die struktuur van die metingsmodel is deur middel van bevestigende faktorontleding ondersoek en die resultate het aangedui dat die metingsmodel die onderliggende data redelik goed pas.Die konstrukgeldigheid van die PLS is dus bevestig.Strukturele vergelykingsmodellering is gebruik om die struktuur van die strukturele model te toets en om die effek van die gepostuleerde interverwantskappe van die veranderlikes in die model te toets.Die resultate het bewys dat die model die onderliggende data redelik goed pas.Die resultate het verder aangedui dat morele intelligensie 'n positiewe effek op beginselvaste leierskap het en dat beginselvaste leierskap op sy beurt 'n positiewe effek op vertroue in die leiers van 'n organisasie het.Die resultate het ook getoon dan vertroue in die leiers 'n positiewe effek op organisatoriese burgerskapsgedrag het.Die huidige studie dra by tot die bestaande literatuur oor leierskap deurdat 'n nuwe, geldige en betroubare meetinstrument vir waarde-gebaseerde leierskap ontwikkel is.Die studie bied ook insigte ten opsigte van die effek van morele intelligensie op beginselvaste leierskap; beginselvaste leierskap op vertroue in leiers; en vertroue in leiers op organisatoriese burgerskapsgedrag.Uit 'n praktiese oogpunt kan die PLS in die werksomgewing gebruik word om beginselvaste leiers te identifiseer en te ontwikkel.Ten slotte is die leemtes van die studie geïdentifiseer sowel as aanbevelings vir toekomstige navorsing gemaak.
Author: Karen Hendrikz
Language: English
Subfield: Strategy and Management
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2610363983
