Influence of integrity and moral intelligence on authentic leadership and organisational citizenship behaviour
Year: 2017
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Die afgelope dekade het dit duidelik geword dat organisasies deurlopend gekonfronteer word met negatiewe gedrag van werknemers.Gevolglik het navorsers en diegene in bestuursposisies belangstelling begin toon om die faktore te verstaan wat bydra tot die ontstaan van positiewe organisatoriese gedrag, soos organisatoriese burgerskapgedrag.Die positiewe effek van organisatoriese burgerskapgedrag op werknemers, leiers en organisasies het gevolglik as motivering gedien om hierdie studie te onderneem.Hierdie studie is dus onderneem om insig te verkry oor die determinante van organisatoriese burgerskapgedrag, sowel as ander faktore wat tot die positiewe gedrag van "n organisasie se werknemers kan bydra.Die doel van hierdie studie was om ondersoek in te stel aangaande die faktore wat "n beduidende rol speel in die ontstaan van organisatoriese burgerskapgedrag in organisasies.Hierdie bepalende faktore sluit onder andere in: integriteit, morele intelligensie en outentieke leierskap."n Teoretiese model is ontwikkel om die verband tussen hierdie bepalende faktore uit te beeld en gevolglik is hipoteses geformuleer en getoets.Data vir hierdie studie is versamel deur middel van "n steekproef van millitêre personeel (n = 287).Die respondente het vier vraelyste voltooi, naamlik "n Etiese Integriteitstoets, "n Morele Bevoegdheidsvraelys, "n Outentieke Leierskapvraelys en "n Organisatoriese Burgerskapgedragskaal.Die hipoteses en die konseptuele model is empiries deur middel van verskeie statistiese metodes getoets.Die metodes sluit in item-en betroubaarheidontledings wat op al die metingskale uitgevoer is en bevredigende betroubaarheid is gevind.Daar is verder ondersoek ingestel na die inhoud en struktuur van die latente veranderlikes deur middel van "n Bevestigende Faktorontleding en die resultate dui daarop dat al die metingsmodelle ʼn bevredigende passing met die data toon.Daarna is strukturele vergelykingsmodellering gebruik om te bepaal tot watter mate die strukturele model die data pas, en ook om die gepostuleerde verwantskappe tussen die konstrukte te toets.Die resultate dui op die bestaan van "n beduidende, positiewe verwantskap tussen integriteit en morele intelligensie, outentieke leierskap en organisatoriese burgerskapgedrag, sowel as morele intelligensie en outentieke leierskap.Daar is egter geen bewyse gevind dat daar "n direkte positiewe verwantskap tussen integriteit en outentieke leierskap, of integriteit en organisatoriese burgerskapgedrag bestaan nie.
Language: English
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2612378954
