Work

A phenomenological inquiry into the lived experience of low sexual desire in women : implications for clinical practice

Year: 2008
Type: dissertation
Abstract: Dit 'n baie algemene verskynsel dat vrouens se behoefte aan seks afneem in verhoudings, maar tot dusver is weinig navorsing plaaslik hieroor gedoen.Internasionale studies toon aan dat lae seksuele begeerte meer as die helfde van vrouens affekteer, en dat selfs 'n groter aantal vrouens aantoon dat hulle met hulle eggenote seksueel verkeer sonder dat hulleself 'n begeerte daartoe het.Tog is daar 'n verwagting in die samelewing dat egpare se aktiewe sekslewe voortduur.Lae seksuele begeerte mag lei tot kommer in die individu of onmin in die egpaar, en in hierdie opsig kan die praktisyn 'n diens lewer.Die doel van hierdie studie was om 'n beter begrip te verkry van die lewenswêreld van vrouens met lae seksuele begeerte aan hulle lewensmaats, en tot watter mate dit haar kommer verskaf of die verhouding belemmer.Die doelwitte van die studie het dus 'n oorsig van modelle van seksuele response ingesluit, sowel as 'n evaluasie van diagnostiese riglyne vir seksuele disfunksies, en 'n eksplorasie van faktore wat die belewenis van begeerte affekteer, ingeslote die rol van sosiale voorskrifte vir seksuele gedrag.'n Oorsig van relevante literatuur het die konteks van die studie voorsien, en 'n kwalitatiewe studie met 'n interpretatiewe fenomenologiese benadering is benut.Data-insameling het gefokus op 'n nie-waarskynlike doelbewuste steekproef van tien deelnemers deur die gebruik van 'n onderhoudskedule met oop vrae.Sewe temas het uit die data ontwikkel, naamlik: (1) persepsies van seksuele begeerte, (2) ervaring van seksuele begeerte, (3) ervaring van sekslewe sonder begeerte, (4) effek van lae begeerte op die individu en verhouding, (5) persoonlike redes vir afname van begeerte, (6) verhoudingsfaktore wat bydra tot afname van begeerte, en (7) ervaring van lae begeerte in sosio-kulturele verband.Daar is bevind dat 'begeerte' moeilik is om te konseptualiseer, dat vrouens die emosionele komponent van begeerte meer belangrik ag, en dat daar 'n verskil is tussen spontane begeerte en dié wat 'n reaksie is op stimuli.Redes vir lae begeerte sluit in 'n verskeidenheid van persoonlike mediese, sielkundige, en lewenskonteks faktore, en in baie gevalle is die gebrek aan begeerte spesifiek gerig op die huidige lewensmaat.Vrouens is egter verál besonder sensitief vir 'n groot verskeidenheid aspekte in die verhouding, en met betrekking tot die lewensmaat, en dit blyk dat selfs in gelukkige en intieme verhoudings lae seksuele begeerte ervaar word.v Vrouens ervaar 'n verlies aan emosionele intimiteit wat ontbeer word as gevolg van lae seksuele begeerte maar voel nie noodwendig dat hulle lae begeerte abnormaal is nie.Die effek op die verhouding is beperk merendeels aangesien vrouens vir 'n verskeidenheid van redes toegee tot seks, veral weens die behoefte aan emosionele intimiteit.By die gebrek aan begeerte word allerlei strategieë, soos fop-orgasmes, gebruik om die ervaring te verduur.Dit blyk ook dat sosiale voorskrifte 'n groot invloed het in die ontstaan van negatiewe persepsies oor seksualiteit, sowel as onrealistiese en idealistiese verwagtinge van seksuele ervarings in langtermynverhoudings.Verskeie aanbevelings is gemaak na aanleiding van die bevindinge en gevolgtrekkings.Die belangrikste aanbeveling is dat professionele persone 'n dieper begrip moet verkry oor die kompleksiteit van die verskynsel van lae begeerte by vrouens, ten einde 'n meer effektiewe terapeutiese intervensie te kan lewer.
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W274631458
Cites: 126
Cited by:
Related to: 10