Work

The experience of postpartum distress in the transition to motherhood: A study of one group of low-income mothers in South Africa

Year: 2017
Type: dissertation
Abstract: Die doel van hierdie studie was om 'n groep lae-inkomste Suid-Afrikaanse ma's se emosionele ervaring van nageboortelike nood te verken.Navorsing oor nageboortelike depressie het tot dusver meestal gefokus op die ondersoek na die etiologie, omskakelingskoers en implikasies van nageboortelike nood binne 'n positivistiese raamwerk.Daar is 'n gebrek aan studies wat die ondervindinge van nageboortelike nood ondersoek het ten spyte van die behoefte aan 'n deeglike en nougesette ondersoek van hierdie kwessies vanuit die perspektief van die individu.Dit is veral belangrik in Suid-Afrika, waar begrip van die gelewe ervarings van nageboortelike nood die eerste stap is in die konseptualisering van 'n meer doeltreffende benadering tot die identifisering en bekamping van nageboortelike nood in die hulpbron-beperkte, oorbelaste Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel.Die huidige studie maak gebruik van data uit 'n groter navorsingsprojek getiteld die Women's Mental Health Research Project (WMHRP).Die steekproef het uit 11 lae-inkomste moeders bestaan wat kan gekenmerk word as lyers aan nageboortelike depressie (gegewe hul tellings op self-verslag maatreëls).ʼn Gegronde teorie benadering lei hierdie studie.Data is ingesamel en transkripsies van die onderhoude wat vir die groter studie gemaak is, is saamgestel.Data-analise het gebruik gemaak van die beginsels soos uiteengesit deur die sosiale konstruksionistiese gegronde teorie, insluitend die konstante vergelykende metode en 'n opeenvolgende proses van oop, aksiale en selektiewe data-kodering.Gedurende die verloop van die studie is spesifieke prosesse uitgevoer ten einde die betroubaarheid van die navorsingsresultate te verseker.'n Sosiale konstruksionistiese epistemologiese analitiese benadering, in ooreenstemming met feministiese teorie is gebruik om die bevindings te analiseer.Sewe oorkoepelende kategorieë het na vore gekom uit die onderhoude: die moeders, die verwagtinge en realiteit van moederskap, versorging oorlaai, disfunksionele interpersoonlike verhoudings, moederskap in armoede, die fisiese liggaam en moederskapen en die swye van die self.Hierdie kategorieë demonstreer hoe onvoorbereid die vroue vir moederskap was en hoe hulle verwagtinge gebaseer is op die dominante ideologieë van moederskap.Die vroue gaan voort om te ly in stilte terwyl hulle oorweldig, moeg, ambivalent en nie in staat om sin
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2782472863
Cites: 324
Cited by: 6
Related to: 9