Work

The management of family routines by single, Xhosa-speaking mothers with young children

Year: 2018
Type: dissertation
Abstract: Die meerderheid (40%) van Suid-Afrikaanse kinders word deur enkelmoeders groot gemaak.Enkelmoeders word dikwels gekonfronteer met 'n unieke kombinasie van sosiale en ekonomiese stressors, wat hulle en hul kinders tot 'n groter risiko stem vir 'n reeks negatiewe uitkomste.Tog, gesinsroetines kan 'n belangrike veerkragtigheids hulpbron wees.Roetines help om orde en stabiliteit in die huis te handhaaf; dit bevorder 'n gevoel van samehorigheid en groepskohesie; en dit is ruimtes waar versorgers unieke konteksspesifieke vaardighede en waardes aan kinders kan oordra.In hierdie gegronde-teorie studie is enkellopende (d.w.s.ongetroude en onverbonde) Xhosa-sprekende ma's (N = 26) wat in armoede leef, uit informele nedersettings buite Kaapstad, Suid-Afrika, op toevallige wyse betrek by die studie.Die doel van die studie was om te verstaan hoe hierdie vroue hul gesinsroetines bestuur nadat hulle ouers geword het.Semi-gestruktureerde onderhoude (n = 21) en naturalistiese tuiswaarnemings (n = 8) het getoon dat roetines bemoeilik kan word deur ma's se Intrapsigiese risiko's (bv.kognitiewe en affektiewe probleme soos stres en angs, gevoelens van waardeloosheid, of sielkundige onvoorbereidheid vir moederskap), normatiewe Ouerskapsuitdagings (bv.kinder wangedrag, of onervare ouers), Skeduleringsuitdagings (bv.'n gebrek aan tyd of chaotiese daaglikse roosters), Interpersoonlike risiko's (bv.gemeenskapsstigma, om nie aan gesin-vanoorsprong se verwagtinge te voldoen nie, of konflik met die biologiese vader), en Ekonomiese risiko's (bv.werkloosheid, onderbroke opvoeding, of 'n gebrek aan basiese behoeftes).Tog het die ma's persoonlike groei ervaar gedurende hierdie lewensfase en 'n wye verskeidenheid intra-en interpersoonlike vaardighede gebruik.Die bestuur van gesinsroetines het betrekking tot vyf aanpassingsprosesse: die Bestuur van ma's se geestesgesondheid (bv.kognitiewe, affektiewe, konatiewe, en gedragstrategieë wat ma's gebruik het om positiewe gevoelens te behou of te herwin, rolbalans te bereik, en motivering te verhoog); Behulpsame moeder-kind aksies en interaksies tydens roetines (bv.onmiddellike moeder-kind transaksies binne die Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za v proksimale ruimte wat taakuitvoering en moeder-kind ervarings verbeter het); Skeduleringsaksies (bv.strategieë wat ma's gehelp het om beperkte hulpbronne, soos tyd, te bestuur, belaaide roosters te balanseer, en roosterstabiliteit te verbeter); die Bestuur en koördinering van belangrike volwasse verhoudinge (bv.verhoudinge met eksterne-en intragesins volwassenes wat ma's gekweek het en gebruik het vir ondersteuning); en die Vermindering van ekonomiese risiko's.Die bevindinge het die uiters dinamiese aard van die bestuursproses getoon, met die klem op pre-en postpartum kontekstuele struikelblokke, asook kragtige vaardighede in enkelmoedergesinne.Om gesinsroetines te versterk moet praktisyns nie uitsluitlik fokus op die postpartumfases van aanpassing nie.Praktisyns moet ook die gebeure wat vroue se enkelouerstatus veroorsaak, en die impak van hierdie ervarings op ma's se geestesgesondheid, oorweeg.
Language: English
Subfield: Demography
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2797020461
Cites: 329
Cited by: 5
Related to: 10