Work

Development of the leadership behavioural scale

Year: 2018
Type: dissertation
Abstract: In Suid-Afrika word voortdurend klem gelê op effektiewe leierskap.Suid-Afrikaanse organisasies is baie afhanklik van goeie leierskap vir organisatoriese sukses en optimale prestasie.Verskeie meetinstrumente vir leierskap bestaan wat gerig is om verhouding-, taak-, verandering-, en waarde-gebaseerde leierskapsgedrag te meet.Alhoewel elkeen van die meetinstrumente 'n aspek van leierskap meet, ontbreek 'n meetinstrument wat leiergedrag as 'n holistiese konsep meet.Omdat meeste van hierdie meetinstrumente buite Suid-Afrika ontwikkel is, het dit 'n geleentheid geskep vir die ontwikkeling van meetinstrumente vir leiergedrag binne die Suid-Afrikaanse kultuur.Die primêre fokus van hierdie studie was dus om 'n holistiese meetinstrument, die Leadership Behaviour Scale (LBS), binne die Suid-Afrikaanse konteks te ontwikkel.Die ontwikkeling van hierdie meetinstrument is gegrond op 'n deeglike analise van leiergedrag wat inherent deel is van verhouding-, taak-, verandering-, etie-s, span-en strategies-georiënteerde leierskap.Hierdie konsepte is gebruik om die belangrikste leiergedrag te identifiseer.Dimensies wat leiergedrag meet is ontwikkel, sowel as 'n verskeidenheid van items wat die onderliggende gedrag van elke dimensie meet.Die dimensies en items is in 'n konseptuele metingsmodel uitgebeeld.Die tweede doel van die studie was om die determinante en gevolge van leiergedrag binne die nomologiese netwerk van leierskap te toets.Om die waarde en effektiwiteit van leiergedrag te bepaal moes die positiewe effek daarvan op die werksomgewing ondersoek word.Binne dié konteks is die effek wat organisatoriese leierskapsgedrag op die vertroue in die leier en leierdoeltreffendheid het, ondersoek.Deur middel van literatuurstudie is 'n teoretiese strukturele model ontwikkel wat die verwantskappe tussen hierdie konstrukte illustreer.Verskeie hipoteses is ook geformuleer om die geldigheid van die veronderstelde verbande te bepaal en te toets.Die data wat in hierdie kwantitatiewe studie gebruik is, is deur middel van 'n elektroniese vraelys ingesamel, waarvan 210 voltooide vraelyste ontvang is.Die finale vraelys wat gebruik is om die data in te samel, het bestaan uit drie skale: die Leadership Behaviour Scale (LBS), die Leader Trust Scale (LTS) en die Leader Effectiveness Questionnaire(LEQ).
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2802328922
Cites: 74
Cited by:
Related to: 10