Work

Identification of novel Parkinson’s disease genes in the South African population using a whole exome sequencing approach

Year: 2016
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Parkinson's disease (PD) is a progressive and severely debilitating neurodegenerative disorder that is characterised by a range of motor symptoms and the selective loss of dopaminergic neurons in the substantia nigra.While the aetiology of PD remains poorly understood, it is hypothesised to involve a combination of various environmental, genetic and Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za v OPSOMMING Parkinson se siekte (PS) is ʼn erg aftakelende neuro-degeneratiewe siekte wat gekenmerk word deur 'n verskeidenheid van simptome en uiteindelik die inkorting van beweging veroorsaak.Hierdie toestand is die gevolg van selektiewe degenerasie van die dopaminergiese neurone substantia nigra pars compacta in die midbrein.Dit lei tot patologiese simptome naamlik bradikinese, rus tremore, posturale onstabiliteit en rigiditeit.Aanvanklik was die hipotese dat persone wat PS ontwikkel blootgestel was aan omgewingsverwante snellers wat die aanvang van die siekte veroorsaak.Maar onlangse bewyse dui daarop beide omgewing-en genetiese faktore speel ʼn rol in die patogenese van die siekte.Tans is daar sewe gene (Parkin, PINK1, LRRK2, SNCA, DJ-1, ATP13A2 en VPS35) wat direk betrokke is by PD.Die doel van die huidige studie is om ʼn 'n PS oorsaak-mutasies in die Suid-Afrikaanse Afrikaner bevolking te identifiseer met behulp van 'n genealogiese en die heel eksoom volgorde-benadering (WES).Die Afrikaner is uniek aan Sui Afrika en het in die 1800s ń genetiese knelpunt ondervind wat tot genetiese stigterseffek gelei het.Daarbenewens het ons verder ten doel om te bepaal of die geïdentifiseerde vermeende siekte-veroorsakende mutasie(s) toegeskryf kan word aan die ontwikkeling van PS in ander Suid-Afrikaanse etniese groepe.ʼn Totaal van 458 pasiënte is vir die studie gewerf, waarvan 148 selfgeïdentifiseerde Afrikaners is.ʼn Totaal van 48 Afrikaner probandi was onderworpe aan genealogiese analise en 40 van hulle kon teruggevoer word na 'n enkele gemeenskaplike voorouer.Dit word dus veronderstel dat die individue aan mekaar verwant is en dat PS weens ń stigterseffek is.Die gebruik van 'n hele genoom SNP verskeidenheid bevestig die verwantskap van die individue in verskillende grade (tussen 8 en 12 generasies) en daarvolgens is drie van die probandi en een geaffekteerde bloedverwant gekies vir WES.Die gekose eksooms is georden volgens die Illumina Genome Hiseq 2000 TM en ongeveer 78 000 variante is geïdentifiseer vir elke individu.Verskeie bio-informatika instrumente is gebruik om die variante wat deur WES verkry is te bestudeer maar geen een was in staat om ʼn beweerde lys van geloofwaardige siekte-veroorsakende variante te identifiseer nie.Ten einde die variante identifikasie proses te ondersteun, is ʼn nuwe metode vir filtrasie van WES-data ontwikkel, naamlik TAPER™ (Tool for Automated selection and Prioritization for Efficient Retrieval of sequence variants).TAPER™ implementeer ʼn stel logiese stappe waardeur kandidaat variante gekies word wat Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za vi met die siekte geassosieer word; dit het ten doel om ondersteuning te bied aan wetenskaplike omgewings met beperkte bioinformatika kapasiteit.Verder is die sukses van TAPER™ geëvalueer op reeds bestaande data-stelsels wat die konsep bewys.Met behulp van TAPER™ is twee waarskynlike kandidaat variante in SYNJ1 en USP17 geïdentifiseer.Die V1405I variant in SYNJ1 is slegs in ʼn geaffekteerde bloedverwant paar gevind en in geen van die 458 pasiënte of 690 gekeurde kontrole groep individue.Dit word voorspel dat hierdie variant skadelik is en het ń CADD telling van 29.40.Die C357S variant is homosigoties in USP17 in 18/458 probandi (12 Afrikaner, twee wit en vier gemengde afkoms) gevind is.Maar dit is ook geïdentifiseer in 0.14% van die kontrole individu (1/184 Afrikaner, 0/160 wit, 0/180 gemengde afkoms en 0/160 swart) wat verkry is van die Westelike Provinsie Bloedoortappingsdienste. Dit word voorspel dat hierdie variant skadelik is en het ń CADD telling van 34.89.Die resultate van die huidige studie toon dat PD in die Suid-Afrikaanse Afrikaner nie die oorsprong het by 'n stigterslid nie, maar beklemtoon twee variante van belang.Verdere werk is nodig om elkeen van die variante te analiseer en hul moontlike patogenese te ondersoek.Die ontdekking van nuwe PS veroorsakende gene is belangrik omdat dit help met die ontwikkeling van siekte-verwante proteïen netwerke, en om sodoende addisionele gene te identifiseer in sleutel siekte prosesse en gevolglik kern biologiese insig in onderliggende prosesse te verskaf.Alhoewel die huidige studie nie ń nuwe PS-veroorsakende geen geïdentifiseer het nie, dit bied wel ń ferm platform vir toekomstige navorsing in die uitdagende en versnellende veranderende velde van WES en bioinformatika en die toepassing daarvan op PS studies.
Language: English
Field: Medicine
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2804544274
Cites: 198
Cited by: 1
Related to: 9