Work

Mite (acari) ecology within protea communities in the Cape Floristic Region, South Africa

Year: 2018
Type: dissertation
Abstract: Protea is ʼn sleutelkomponent in die Fynbos Bioom van die wêreldwyd erkende Kaapse Floristiese Streek biodiversiteit sentrum, nie net as gevolg van die genus se eie diversiteit nie, maar ook vir sy rol in die behoud van verskeie organismes soos voëls, insekte, fungi en myte.Protea word ook internasionaal wyd gekweek vir hul baie aanskoulike bloeiwyses en is daarom van groot monetêre belang.Sommige van die organismes wat met hierdie plante geassosieer word, is destruktief, wat lei tot verminderde hortologiese en snyblom waarde.Hulle is egter ook betrokke in komplekse assosiasies met Protea spesies in hul natuurlike ekosisteme, wat ons steeds baie swak verstaan.Myte, byvoorbeeld, het ʼn internasionale reputasie daarvoor dat hulle gewasse negatief beïnvloed, maar sommige taksa mag goeie aanduiders wees van gesonde bestuurspraktyke binne gekultiveerde sisteme.Hulle rol in natuurlike sisteme word nog swakker verstaan.In hierdie dissertasie verken ek die rol van myte binne Protea populasies in beide natuurlike en gekultiveerde sisteme, en fokus op groeperings vanuit bloeiwyses, saadkeëls en die grond.Protea bloeiwyses en saadkeëls bied ʼn nis vir ʼn unieke versameling myte wat assosiasies het met ʼn groep fungi wat weer met geleedpotiges geassosieer word, naamlik die ophiostomatoide fungi.Die myte voed op die fungi en dra hul spore na nuwe bloeiwyses as foretiese maats van Protea-bestuiwende kewers.Aangesien dit getoon is dat sommige fungi ʼn panmiktiese populasie genetiese struktuur oor meer as 1000 km het, is dit aangeneem dat ander organismes as kewers verantwoordelik moes wees vir hierdie geweldige langafstand verspreiding.Hier bied ek die eerste konkrete bewyse van die vermoë van voëls om as vektore van spoordraende myte na nuwe Protea bome op te tree.Ek verskaf ook bewyse vir ʼn nuut ontdekte myt-fungus mutualisme binne voëlbestuifde Protea neriifolia bloeiwyses tussen 'n Glycyphagus sp.myt en verskeie Sporothrix spp.fungi.Nuwe myt-myt kommensialismes tussen die Proctolaelaps vandenbergi blommyte en dieStellenbosch University https://scholar.sun.ac.za vi Glycyphagus sp.myte is ook ontdek en gedokumenteer.In hierdie interessante sisteem het die Glycyphagus sp.myte ʼn mutualistiese assosiasie met die Sporothrix spp.fungi.Hierdie klein myte is foreties op die groter P. vandenbergi myte wat op hulle beurt weer foreties is op Protea-bestuiwende voëls, wat die genetiese bewyse van langafstand vervoer van die fungi verduidelik.Dis is goed bekend dat blomgeassosieerde myte soos Proctolaelaps kirmsei nektar en stuifmeel diewe van kolibrie bestuifde plante in Amerika is.Hierdie myte verminder nektar en stuifmeel belonings vir bestuiwers, wat bestuiwer besoekpatrone beïnvloed en die hoeveelheid beskikbare stuifmeel en nektar verminder.Dit beïnvloed saad-vorming en plant populasiedinamika negatief.Hierdie fenomeen is egter nog nooit in eenderse sisteme in ander dele van die wêreld ondersoek nie.Ek het daarom ten doel gehad om die moontlike rol van P. vandenbergi blommyte, die mees volop blommyt binne Protea bloeiwyses, as stuifmeel en nektardiewe en as sekondêre bestuiwers van P. neriifolia te ondersoek.Ek verskaf die eerste bewyse dat P. vandenbergi op nektar en stuifmeel voed en dat sy reproduksie sterk gekoppel is aan die beskikbaarheid van stuifmeel.Tempo van nektarinname het waarskynlik min effek op die totale beskikbaarheid vir bestuiwers, maar hulle kan die hoeveelheid beskikbare stuifmeel in die bloeiwyse beduidend verminder, en mag so uiteindelik saadvorming negatief beïnvloed.Dit word vererger deur die feit dat ek kon wys dat hulle nie bydra tot Protea bestuiwing nie.Daar is toenemende globale kommer oor die negatiewe impak van landtransformasie op natuurlike ekosisteme.Met die toename in landtransformasie vir landbou, word natuurlike flora verplaas deur intensief beheerde uitheemse gewasse.Dit het verwoestende effekte op biodiversiteit en ekosisteem dienste.Ekologies vriendeliker bestuursisteme word dus dringend benodig.Een voorgestelde sodanige sisteem is die produksie van natuurlike plante as Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za vii gewasse, aangesien hulle natuurlike nisspasies vir inheemse organinsmes, insluitend voordeliges, kan bied, wat die bestuursinsette wat benodig word mag verminder.Protea is van groot ekologiese en ekonomiese belang aangesien dit geoes word vir uitvoere in beide natuurlike en aangeplante sisteme in Suid Afrika.Alhoewel myte wat met hierdie plante geassosieer word voordelig kan wees, word hulle gewoonlik as peste en/of organisme wat ʼn fitosanitêre risiko dra beskou.Ek het daarom die impak van Protea repens aanplanting op myt samestellings wat met bloeiwyses, saadkeëls (die gewasprodukte waar die aanwesigheid van myte landboukundige gevare inhou) en die risosfeer (waar meeste van die landboukundig voordelige myte aangetref word) geassosieer word ondersoek.Ek wys dat hierdie inheemse gewas wel in staat mag wees om ʼn groot natuurlike myt biodiversiteit in al drie hierdie nisse te onderhou.Essensiële omgewingsdienste soos die voorsiening van gesonde grond-ekologie mag egter verhinder word deur self lae bestuursintensiteit.Resultate het ook aangetoon dat die huidige intensiewe pesbestrydings strategieë nie myte wat met bloeiwyses geassosieer word doeltreffend bestry nie.Volgehoue verbetering van na-oes pesbeheer praktyke word dringend benodig, ongeag hoe moeilik hulle toepassing is vir sensitiewe en vars produkte.ʼn Verminderde afhanklikheid van hierdie intensiewe bestuursisteme tydens die produksie fases van Protea bloeiwyses sal ook help om sommige natuurlike ekosisteem prosesse te bewaar, soos dié wat in hierdie dissertasie ontdek en beskryf is.
Language: English
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2807384027
Cites: 254
Cited by: 3
Related to: 10