Humor en prediking in ’n veranderende Suid-Afrikaanse konteks
Year: 2018
Type: dissertation
Abstract: Hierdie verhandeling is geplaas binne die studieveld van Praktiese teologie, spesifiek \nhomiletiek. Die studie geskied deur middel van ’n literatuurstudie om die \noorkoepelende vraag te bedink: Is die sinvolle/effektiewe gebruik van humor in \nprediking moontlik? \nDie studie is aan die hand van Osmer (2008) se vier vrae beantwoord: Wat is aan die \ngang? (“What is going on?”) – ʼn Beskrywende empiriese ondersoek. Waarom is dit \naan die gang? (“Why is it going on?”) – ʼn Interpretasie van die redes waarom dit \nplaasvind. Hoe behoort dit te wees? (“What ought to be going on?”) – ʼn Normatiewe \nteologiese toetsing van die verskynsel. Hoe kan ons reageer? (“How might we \nrespond?”) – Hoe die gemeente kan optree om die probleem aan te spreek? \nIn die homiletiekveld is daar ’n vlaag van handleidings en publikasies oor die kuns van \nprediking. Daar is egter ’n groot leemte in die oorgrote meerderheid resente \nhandleidings. Selde word die tema van humor aangespreek in homiletiekhandboeke. \nAs die tema aangespreek word, bestaan dit dikwels net uit aanhalings, outeurs se kort \nmenings oor humor of staaltjies. Dit is duidelik dat daar ’n navorsingsgaping is vir die \nstudie van humor in prediking. \n’n Kort blik op die fenomeen humor, maak dit duidelik dat die betekenis van humor nie so voor die hand liggende onderwerp is nie. Daar word ’n hoofstuk opgedra aan die \nvraag: wat is humor? Dit bied ’n oorsig oor die enorme veld van humor met verskeie \nuitgangspunte. \n’n Studie van humor in die Bybel is ook aangepak. Die hoof vraag wat uit hierdie \nhoofstuk gekom het, is: is daar humor in die Bybel en is dit van toepassing in \nprediking? Die oorgrote meerderheid teoloë en Bybelkundiges bevestig die voorkoms \nvan humor in beide die Ou en die Nuwe Testament, alhoewel daar ’n uiteenlopende \nhoeveelheid meningsverskille is oor wat as humor gesien kan word. Uiteindelik word \ndaar tot die gevolgtrekking gekom dat die Bybel oor die algemeen nie op sigself humor \nbevestig nie, maar dit wys ook nie humor af nie. Die woord ‘humor’ kom byvoorbeeld \nnie in die Bybel voor nie. Humor in die Bybel is duidelik nie in alle gevalle baie voor \ndie hand liggend nie en somtyds is dit ook nie noodwendig baie snaaks nie. Daar is \negter verskeie elemente van Bybelse humor wat van groot belang is vir humoristiese \nprediking. \nIn ’n laaste hoofstuk spesifiek oor humor in homiletiek is daar oorkoepelend ’n paar \nvrae gevra: Moet/mag ‘n preek snaaks wees? Behoort ’n preek lag aan te moedig? \nHierdie vrae word beantwoord deur die voorafgaande hoofstukke se insigte. Dit het duidelik geword dat navorsing oor humor geen grap is nie. Nie alle humor soorte is \ntoepaslik vir die gebruik in prediking nie en daar is talle slaggate waarin ’n prediker \nkan trap met die poging om humor te gebruik in prediking. Daar is egter verskeie ander \n‘veiliger’ humor soorte wat die prediker tot sy of haar beskikking het om te gebruik.
Author: Gerbrand Bodenstein
Language: nds
Subfield: Religious studies
Field: Arts and Humanities
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2889475596
