Year: 2017
Type: dissertation
Abstract: Koronavirusse is RNA virusse wat vier genera insluit.Die alfa-en betakoronavirusse word algemeen geassosieer met minder ernstige siektes by mense.Uitbrakings van ernstige respiratoriese siektes in 2002 en 2012 het egter gelei tot die identifisering van nuwe hoogs patogeniese menslike koronavirusse, SARS-en MERS-koronavirus, onderskeidelik.Vlêrmuise, orde Chiroptera, word beskou as die reservoir gasheer, wat tot die oorsprong van alle soogdierkoronavirusse gelei het.Tot dusver is min studies oor koronavirusse in Suid-Afrikaanse vlêrmuise gepubliseer.Met min kennis van die diversiteit en voorkoms van vlêrmuiskoronavirusse in hierdie streek; het hierdie studie ten doel om die bestaande koronavirusdiversiteit binne Suid-Afrikaanse vlêrmuispopulasies asook faktore wat vlêrmuis-koronavirus-ekologie kan beïnvloed, te ondersoek en beskryf.Nege verskillende koronavirus spesies, agt alfakoronavirusse en een betacoronavirus, is in tien verskillende vlêrmuis spesies geïdentifiseer.Die studie het nie net gedemonstreer dat diverse koronavirusse in verskillende vlêrmuise van Suider-Afrika voorkom nie, maar ook addisionele ondersteuning aan 'n deurlopende verspreiding van MERS-verwante betakoronavirusse in Suid-Afrikaanse vlêrmuise verleen, met uiteenlopende variante wat in twee verskillende vespertilioniedvlêrmuise aangetref word.'n Spesiespesifieke waarneming van Neoromicia capensis (Kaapse serotien) vlêrmuise het drie verskillende koronavirus spesies opgespoor en genetiese diversiteit in verskillende geografiese streke opgemerk.Verskeie gevalle van meervoudige infeksies met twee verskillende koronavirusse is opgemerk, wat die potensiaal vir rekombinasie aantoon, wat kan lei tot "n nuwe koronavirus wat soönotiese potensiaal kan hê.Hierdie studie het getoon dat beide gasheer-en omgewingsfaktore koronavirus ekologie kan beïnvloed.Vroulike Neoromicia capensis vlêrmuise wat voorkom in laagliggende areas in die Woud bioom het die hoogste waarskynlikheid om koronavirus positief te wees.Afwykings tussen opsporingsyfers wat met verskillende siftingsmetodes verkry is, het gelei tot die aanvaarding van 'n verbeterde benadering en aanbevelings vir toekomstige vlêrmuiskoronavirus toesigstudies is gemaak.
Author: Nadine Cronjé
Language: English
Subfield: Animal Science and Zoology
Domain: Life Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2895225200
