Sputum derived biomarkers of anti-tuberculosis drug activity in early bactericidal activity (EBA) studies.
Year: 2017
Type: dissertation
Abstract: OpsommingSputum monsters is belangrike materiaal vir die diagnose van TB, om die weerstandigheid van sekere anti-TB middels te bepaal en om die effektiwiteit van nuwe middels te bepaal in geneesmiddel evaluering.Die eerste stap in die evalueringsproses van 'n nuwe anti-TB middel is om die vroeë bakerisidiese aktiwiteit (EBA) te bepaal.Dit is 'n bepaling van die bakteriële lading per milliliter sputum per dag op soliede agar plate gedurende die eerste twee weke van TB behandeling.Die bepaling van kolonie-vormende eenhede (CFU) van M.tb op agar plate en die tyd-tot-positiwiteit (TTP) in vloeibare groeimedia is twee metodes wat tans wyd in gebruik is by EBA studies.Hierdie twee metodes is tydrowend, vereis 'n groot mate van tegniese vernuf, benodig duur infrastruktuur en is geneig tot kontaminering.Daarom word nuwe metodes wat sensitief, spesifiek, vinnig en geoutomatiseerd is benodig.In hierdie studie vergelyk ons die EBA bepalings deur middel van CFU en TTP met EBA bepalings deur middel van Xpert MTB/RIF ontledings.Metodes deur kultuur tegnieke word bewys as superieur teenoor Xpert vir die bepaling van die twee-week EBA vir verskillende middels.Sputum monsters wat versamel is vanaf TB pasiënte wat op behandeling is, bevat 'n mengsel van dooie, beskadigde en lewensvatbare M.tb selle.Ons hipotiseer dat die swak resultate van Xpert gedurende EBA bepalings as gevolg van die teenwoordigheid van DNA vanaf bakterië is wat nie lewensvatbaar is nie en wat dan saam met lewensvatbare bakterië geamplifiseer word.Om hierdie probleem te oorkom, en voordat die Xpert tegniek gebruik word, het ons pan-vatbare en uiters middelweerstandige M.tb isolate vooraf behandel met propidium monoazied (PMA) wat nielewensvatbare selle binnedring en aan hul DNA bind om sodoende amplifikasie te verhoed.Ons het dan die PMA voorafbehandelingsprotokol toegepas op kliniese isolate van TB pasiënte wat op standaard anti-TB behandeling is.Die kombinasie van Xpert en PMA het die spesifisiteit verhoog om lewensvatbare bakterieë waar te neem teenoor die Xpert metode alleen.Hierdie verbetering was statisties betekenisvol in pan-vatbare isolate wat behandel is met isoniazied (INH) en ethambutol (EMB) en uiters middelweerstandige isolate wat behandel is met EMB.Ogelukkig was die effek van PMA nie statisties betekenisvol vir kliniese isolate vanaf TB pasiënte op standaard behandeling nie.As gevolg van hierdie teenstrydige resultate kon ons nie die gebruik van die Xpert-PMA kombinasie vir die kwantifisering van lewensvatbare M.tb bo die gebruik van kultuurmedia bepalings aanbeveel nie.Daar word aanvaar dat dormante mycobacteria die gevolg is van interne en eksterne stres, insluitend die effek van anti-TB middels, op lewensvatbare mycobacteria is en dat hierdie effekte verantwoordelik is vir die verlengde behandelings periode van 6 maande vir TB infeksie.In hierdie navovorsingswerk word die aktiwiteit van SQ109, 'n middel nog onder evaluering, Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za v Rifampisien (RMP), 'n gevestigde anti-TB middel, en hul kombinasie (SQ109/RMP) geëvalueer teen repliserende en nie-repliserende vorme van M.tb deur gebruik te maak van 'n kombinasie van Auramine O/Nylrooi kleuring en konfokale mikroskopie.Ons het gevind dat SQ109 en RMP monoterapie verhoog die aantal nie-repliserende M.tb terwyl SQ109/RMP kombinasie hierdie toename verhoed.Hierdie bevindings toon dat SQ109 stres alleen lei daartoe dat M.tb oorskakel na 'n sluimertoestand en, gekombineer met RMP, verhoog dit die steriliserende effek van RMP.Monoterapie is die onderliggende oorsaak van middelweerstandigheid.Ons het die verandering in die verhouding van RMP mutante in pasiënte op RMP terapie vir twee weke geëvalueer.Ons het 'n statistieke model gebruik om te bepaal of 'n pasiënt wat vir twee weke op RMP monoterapie gehou word, kliniese weerstandigheid ontwikkel.Ons het gevind dat RMP monoterapie vir meer as twee weke lei tot klinies relevante weerstandigheid eers na 30 dae behandeling.Dit dui daarop dat gedurende TB behandeling met RMP weerstandigheid stelselmatig ontwikkel as gevolg van farmadinamiese en farmakinetiese faktore soos voorheen aangedui.Hierdie navorsingk bewys dat Xpert, die kombinasie van Xpert en PMA en die kleuring van sputumsmere met Nylrooi/Auramine O belowende biomerker kandidate is om die EBA van nuwe anti-TB middels te bepaal.Ons wys ook dat indien RMP die enigste anti-TB middel is wat gebruik is vir behandeling, weerstandigheid teen RMP klinies relevant word na 30 dae behandeling.
Author: Xavier A. Kayigire
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Infectious Diseases
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
Funders: Bill and Melinda Gates Foundation, Strong, ACT Government, University of St Andrews, National Research Foundation, Radboud Universiteit, Harry Crossley Foundation, University of Cape Town, Centers for Disease Control and Prevention, Center for Clinical and Translational Research, Medical Research Council, European and Developing Countries Clinical Trials Partnership
Awards: G2880504131, G4374392133, G865330785
OpenAlex ID: W2897509860
