Year: 2013
Type: article
Abstract: Die verskynsel van Suid-Afrikaanse emigrasie geniet baie aandag in die media, met die fokus dikwels op sosiopolitieke faktore. Daar word egter min aandag aan die sielkundige ondervindings van diegene wat emigreer, geskenk. Dié artikel, wat deel vorm van 'n groter navorsingsprojek, fokus op sommige van die ondervindings eie aan Afrikaanssprekende emigrante. Die groter projek fokus op die impak wat emigrasie op die Suid-Afrikaanse gesinslewe het. Die resultate van hierdie kwalitatiewe studie dui daarop dat Afrikaanssprekende inwoners van die land dikwels 'n gevoel van vervreemding in die "nuwe" Suid-Afrika beleef. Emigrasie lei tot spesifieke interpersoonlike verliese en ook spesifieke verliese aan kultuur en taal. Laasgenoemde kan beskou word as 'n tipe kulturele rou, soos beskryf deur Ainslie (1998), wat eie is aan mense wat emigreer en hulle kulturele wortels agterlaat. Die moontlike verlies van die moedertaal, wat een van die mees tradisionele elemente van kultuur is, veral in toekomstige generasies, blyk 'n bron van kommer te wees. 'n Aantal aanbevelings vir toepaslike sielkundige voorbereiding word gemaak om die impak van hierdie verliese te verminder.
Authors: Maria C. Marchetti‐Mercer, Louw Roos
Institutions: University of the Witwatersrand, University of Pretoria
Language: Afrikaans
Topic: Migration, Health and Trauma
Subfield: Clinical Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W328358313
